Voordat hulle amptelik op die SUNStudent-platform aansoek doen, moet voornemende studente hulself vergewis van die verskillende graadprogramme en navorsingsonderwerpe wat deur die Departement aangebied word.
Navorsingsonderwerpe sal jaarliks teen die einde van Augustus opgedateer word.
Huidige finalejaar-US-studente en studente van ander universiteite kan slegs vir nagraadse studies aansoek doen sodra die halfjaarpunte beskikbaar is.