Skip to main content

Megatronika, Outomatisering en Ontwerp

Die Ontwerpafdeling van die Departement Meganiese en Megatroniese Ingenieurswese huisves talle groepe wat die ontwikkeling en toepassing van diverse megatroniese stelsels ondersoek. Sommige van hierdie stelsels sluit in herkonfigureerbare vervaardigingstelsels, onbemande lugvaartuie, robotte en mediese toestelle. Hierdie stelsels vind toepassings in die outomatisering van monteerstelsels, inspeksie en gehaltebeheer met behulp van masjienvisie, omgekeerde ingenieurswese en mikrometrologie, kalibrasie en instandhouding van heliostate vir gekonsentreerde sonkragstelsels.


Watch Mechatronics, Automation and Design (MAD) Research Group on YouTube.

Megatronika, Outomatisering en Ontwerp

Een van die navorsingsgroepe in die ontwerpafdeling is die Mechatronika, Outomatisering en Ontwerp (MAD) Navorsingsgroep onder leiding van prof Anton Basson en dr Nicole Catherine Taylor. Die MAD Navorsingsgroep is in 2008 gestig, gewortel in herkonfigureerbare en holistiese vervaardigingstelselnavorsing vir moderne vervaardigingstelsels. Vandag doen die MAD Navorsingsgroep navorsing oor digitale tweelinge vir komplekse stelsels en mens-stelselintegrasie om Industrie 4.0-omgewings in die Suid-Afrikaanse konteks moontlik te maak. Meer oor die MAD Navorsingsgroeplede en hul navorsing kan op die MAD-webwerf gelees word.

.
Prof Anton Basson (PrEng)
Professor Emeritus
Dr Nicole Taylor
Dr Nicole Taylor
Dosent
Dr Clint Steed
Dr Clint Steed
Dosent