Ondersteuning
Taalondersteuning
Alle kursusmodules word in beide Afrikaans en Engels aangebied, tot die einde van die derde studiejaar. Spesifiek:
- Alle eerstejaarlesings word in parallelle Afrikaanse en Engelse klassessies aangebied.
- Tweedejaarmodules sal in parallelmedium aangebied word waar die klasgroottes dit regverdig.
- Derdejaarmodules word in Engels aangebied met 'n opsomming in Afrikaans.
- Vierdejaarmodules word slegs in Engels aangebied.
Spesiale taalvaardigheidsmodules word aangebied vir studente wat nie goed genoeg in die akademiese geletterdheidstoetse presteer nie. Alle toets- en eksamenvraestelle en ook alle opdragte word egter in beide Afrikaans en Engels opgestel en studente is vry om enige referaat of opdrag in Afrikaans of Engels te skryf en ook om met dosente in enige van die tale te kommunikeer.
Studenteondersteuning
Die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling (SSVO) funksioneer virtueel en telefonies.
- Akademiese Ondersteuning en Ontwikkeling: 021 808 4707 / [email protected]
- Emosionele Ondersteuning en Noodgevalle: 021 808 4994 / [email protected]
- ER24 vir 24-uur Noodgevalle: 010 205 3032
- Vir meer inligting, besoek die SSCD-webwerf.
Afsprake met die opvoedkundige sielkundige by die Ingenieursfakulteit kan gemaak word deur Natalie White: [email protected]