Water- en Omgewingsingenieurswese
Water- en omgewingsingenieurswese het te doen met waterhulpbronontwikkeling en -bestuur, opbrengsanalise, lae- en vloedvloeihidrologie, rivierhidroulika, ontwerp van hidrouliese strukture soos damme, tonnels en pompstasies, waterdienste, watergehalte en waterbehandeling, sowel as kus- en hawe-ingenieurswese.
In die Waterafdeling sluit spesialiseringsvelde rivier- en stormwaterhidroulika, ontwerp van hidrouliese strukture, hidrologie, waterdienste, watergehalte en -behandeling, en hawe- en kusingenieurswese in.
Die afdeling is toegerus met 'n uitstekende en ruim hidrouliese laboratorium waar 'n groot aantal modelstudies uitgevoer is. Rekenaarmodellering vind ook wye toepassing in navorsing en spesialiskonsultasiewerk.
Spesifieke navorsingsonderwerpe vir die komende jaar is hieronder beskikbaar, maar kontak gerus ons navorsers direk.