Magister in Politieke Wetenskap (slegs deur tesis)
(Onderwerpe met betrekking tot internasionale betrekkinge kan ook in hierdie program bestudeer word.)
Programstruktuur
Hierdie navorsingsprogram behels die afhandeling van onafhanklike navorsing en die saamstel van ’n tesis uit die resultate. Die program kan voltyds of deeltyds gevolg word. Die kandidaat hoef nie op Stellenbosch te woon nie, maar gereelde kontak en konsultasies met die studieleier is noodsaaklik.
Toelatingsvereistes
’n Honneursgraad in Politieke Wetenskap of ’n gelykwaardige kwalifikasie soos deur die Senaat goedgekeur met ’n gemiddeld van 65%, sowel as ’n geskikte studieleier.
Die voorsitter van die Departement Politieke Wetenskap het die diskresie om ’n aanvullende studieprogram vir ’n voornemende student voor te skryf. Onthou om u aansoek teen 30 September in te dien.
Tesis
Die tesisonderwerp word in oorleg met die departementele voorsitter gekies en moet by voorkeur gekoppel wees aan die navorsingsbelangstellings van personeellede.
Alle tesisse word deur ’n interne en eksterne eksaminator geëksamineer.
Navrae:
Prof Janis van der Westhuizen
Tel: +27 21 808 2502
E-pos: [email protected]