Skip to main content

Honneurs Programme

Die Baccalaureus Honneursgraad is 'n nagraadse spesialisasie kwalifikasie wat studente voorberei vir navorsingsgebaseerde nagraadse studie en/of die professionele sektor. Hierdie kwalifikasie het ten doel om studente se kundigheid in Politieke Wetenskap óf Internasionale Betrekkinge te konsolideer en te verdiep, en om navorsingskapasiteit in die metodologie en tegnieke van hierdie dissiplines te ontwikkel. Hierdie kwalifikasie vereis 'n hoë vlak van teoretiese betrokkenheid en intellektuele onafhanklikheid.

Die departement bied twee Honneursprogramme aan met 'n spesialisasie in (1) Politieke Wetenskap óf (2) Internasionale Studie.

Struktuur van die Honneursprogramme

Gegewe die aard en doel van die Honneursgraad soos hierbo uiteengesit, is die Honneursprogramme residensiële programme (geen aanlyn- of hibriede modules word aangebied nie) en lesingbywoning is verpligtend. Studente wat meer as twee lesings binne 'n module nie bywoon nie, word nie toegelaat om met daardie module voort te gaan nie.

Daar word ook van Honneurs studente vereis om die weeklikse departementele navorsingseminare by te woon.

Die geselekteerde akademiese program strek oor een akademiese jaar wat in Februarie begin. Die onderrigtaal vir beide Honneursprogramme is Engels.

Honneurs in Politieke Wetenskap

Die program bestaan uit die gevorderde studie van vier geselekteerde fokusareas in Politieke Wetenskap (wat onderhewig is aan verandering), twee navorsingsmetodesmodules en 'n navorsings werkstuk. Die program is gemik op besluitnemers en ontleders wat 'n deeglike begrip van politieke prosesse en gedrag binne die politieke samelewing vanuit 'n vergelykende perspektief benodig.

Geselekteerde Modules Aangebied (en Krediete)

  • Politieke Gedrag (15)

  • Beleidsanalise (15)

  • Hedendaagse Suid-Afrikaanse Politiek (15)

  • Konflik in Afrika (15)

  • Navorsingsmetodes (15)

  • Kwantitatiewe Navorsingsvaardighede (15)

  • Navorsingswerkstuk (30)

 

Honneurs in Internasionale Studie

Die program bestaan uit die gevorderde studie van vier geselekteerde fokusareas in Internasionale Betrekkinge en Internasionale Politieke Ekonomie (wat onderhewig is aan verandering), twee navorsingsmetodesmodules en 'n navorsingswerkstuk. Dit is gemik op besluitnemers en ontleders wat 'n deeglike begrip van die dinamika van die wêreldpolitieke ekonomie en hoe Suid-Afrika daarbinne funksioneer, benodig.

Geselekteerde Modules Aangebied (en Krediete)

  • Internasionale Betrekkinge-teorie (15)

  • Globale Politieke Ekonomie (15)

  • Politieke Ekonomie van Asië-Afrika-Betrekkinge (15)

  • Politieke Risiko-analise (15)

  • Navorsingsmetodes (15)

  • Kwantitatiewe Navorsingsvaardighede (15)

  • Navorsingswerkstuk (30)

 

Toelatingsvereistes vir Honneursprogramme

Vir beide Honneursprogramme moet aansoekers 'n Baccalaureusgraad met Politieke Wetenskap en/of Internasionale Betrekkinge as een van hul hoofvakke voltooi het. 'n Gemiddelde finale punt van 67% vir Politieke Wetenskap en/of Internasionale Betrekkinge-modules op derdejaarsvlak is 'n minimum vereiste. 

Die Departement behou die reg voor om die beste aansoekers te kies op grond van akademiese meriete. 'n Punt van 67% beteken nie outomatiese toelating tot die program nie. 

Terwyl die eerste semesterpunte jaarliks ten tyde van die aansoek (einde Oktober) ingedien moet word, sal aansoekers wat nie 'n gemiddelde punt van 67% ten tyde van die aansoek het nie, nie gediskwalifiseer word nie, aangesien die besluit rakende keuring alle derdejaar Politieke Wetenskap en/of Internasionale Betrekkinge-modules in ag neem. Die departementele keurkomitee vergader sodra die tweede semesterlesings afgehandel is. 

Eksterne aansoekers moet verseker dat amptelike transkripsies wat die resultate van alle derdejaar Politieke Wetenskap en/of Internasionale Betrekkinge-modules weerspieël, so gou as moontlik na voltooiing (maar voor 15 Januarie) ingedien word. Eksterne aansoekers moet ook bewys lewer van hul beste geskrewe akademiese werk ten tyde van die aansoek. Byvoorbeeld, jou beste navorsings-skryfwerk vir 'n Politieke Wetenskap- of Internasionale Betrekkinge-module in jou finale studiejaar of gepubliseerde joernaalartikel.

Aanlyn Aansoekproses

Alle aansoekers moet 'n aanlyn aansoek teen die sperdatum (einde Oktober) voltooi. Die institusionele Nagraadse Kantoor (NGO) bestuur die aansoekproses sentraal (nie die departement nie). Vir meer inligting oor nagraadse studies aan die Universiteit Stellenbosch, die fooistruktuur, ondersteuningsdienste, vaardigheidsontwikkeling en die aanlyn aansoekproses, besoek asseblief die volgende webblad: https://www.su.ac.za/en/apply/pg-studies 

BELANGRIK: Wanneer daar met die aanlyn aansoek begin word (https://student.sun.ac.za/signup/), moet interne (SU) aansoekers Huidige SU-student kies en die proses voltooi, sodat die verskaffing van transkripsies en bewyse van geskrewe werk outomaties kwytgeskeld word. Eksterne (nie-huidige SU) aansoekers moet Nuwe Aansoek kies en die vereiste dokumentasie (transkripsie en bewyse van geskrewe werk) oplaai sodat die aansoek voltooi en verwerk kan word.

Algemene navrae:

Me Pauliane Barry

Tel: +27 21 808 2414

E-pos: [email protected] 

Akademiese (inhoudspesifieke) navrae:

Dr Cindy Steenekamp (Honneurskoördineerder)

Tel: +27 21 808 2115

E-pos: [email protected]