Skip to main content

Meestersprogram

Magister in Politieke Wetenskap (slegs deur tesis)

(Onderwerpe met betrekking tot internasionale betrekkinge kan ook in hierdie program bestudeer word.)

Program struktuur

Hierdie navorsingsprogram vereis onafhanklike navorsing en die ontwikkeling van ‘n tesis. Die program kan voltyds of deeltyds gevolg word. Die kandidaat hoef nie op Stellenbosch te woon nie, maar gereelde kontak en konsultasies met die studieleier (wat ook aanlyn kan plaasvind) is noodsaaklik.

Toelatingsvereistes

  • ‘n Hons. graad in Politieke Wetenskap of Internasionale Betrekkinge;
  • ‘n Gemiddelde, finale punt van 65% is die minimum vereiste;
  • Aansoekers moet ten minste ‘n 65% behaal het vir die Hons/4de jaar navorsingswerkstuk of mini-tesis en
  • Toelating is onderworpe aan die beskikbaarheid van ‘n gepaste studieleier vir die voorgestelde tema.

 

Tesis

Die tesisonderwerp word in oorleg met ‘n moontlike studieleier gekies en moet verband hou met die navorsingskundigheid van akademici.
Alle tesisse word deur 'n interne en eksterne eksaminator geëksamineer.

Navrae: 

Prof Janis van der Westhuizen
Tel: +27 21 808 2502
E-pos: [email protected]