Skip to main content

Doktorale Program

Toelatingsvereistes

’n Magister met nagraadse opleiding in navorsingsmetodologie. ʼn Kandidaat wat nie ’n nagraadse kursus in navorsingsmetodologie voltooi het nie, moet by die Departement vir die ekwivalent daarvan registreer. Finale toelating tot doktorale studie is afhanklik van die aanvaarding van ’n navorsingsvoorstel.

Programstruktuur

Die program behels ’n navorsingsprojek wat oor ’n minimum van twee jaar strek en tot die proefskrif lei.

Inhoud

Die program fokus op kontemporêre kwessies in die verskillende velde van die politieke wetenskap en internasionale studies. Die inhoud van die proefskrif word bepaal deur die aard van die navorsingsprobleem wat ondersoek word, die inhoud van die navorsingsdoelwit en die prosedures vir die insameling van data.

Aanbieding

Daar word van kandidate verwag om onafhanklike navorsing onder toesig van ’n promotor te onderneem en ’n skriftelike navorsingsverslag in die vorm van ’n proefskrif in te dien. Hierdie proefskrif word intern sowel as ekstern geëvalueer. Die kandidaat moet ook ’n mondelinge eksamen ondergaan wat fokus op die inhoud van die proefskrif en kennis van die dissipline.

​Formele bepalings

Voordat u ’n aansoek by die Registrateur indien, is dit raadsaam om die Voorsitter van die Departement te kontak om die voorgestelde doktorale projek en die moontlike aanstelling van ’n promotor te bespreek. Sodra ’n promotor aangestel is, berei die kandidaat ’n formele voorstel voor, waarin die probleem, die belangrikste navorsingshipotese, die metode van navorsing en die verwagte bydrae van die projek tot die dissipline uiteengesit word. Dit is op grond van hierdie voorstel dat die Fakulteit se Navorsingskomitee besluit om ’n aansoek om doktorale studie te bevestig.

Voornemende doktorale kandidate word aangeraai om Deel 1 van die Jaarboek en ook die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe se Handleiding oor Hoër Grade te raadpleeg.

Navrae: 

Prof Collette Schulz-Herzenberg
E-pos: [email protected]

Me. Pauliane Davidse
Tel: +27 21 808 2414
E-pos: [email protected]