Ensembles
Die Universiteit Stellenbosch se Musiekdepartement huisves 'n diverse reeks instrumentale en vokale ensembles wat 'n sentrale deel van sy akademiese en uitvoerende opleiding vorm.
Koperblaasensemble
Die US Koperblaasensemble is in 2011 gestig – ‘n inisiatief van Prof. Winfried Lüdemann en Me Pamela Kierman, lektrise in koperblaasinstrumente, albei begaafde koperblaasspelers.
Simfonieorkes
Die Universiteit Stellenbosch Simfonieorkes (USSO) is in 1981 deur prof Eric Rycroft gestig. Tans het die USSO al meer as 400 volledige uitvoerings van simfonieë van Mozart, Brahms, Saint-Saëns, Tchaikovsky, Dvorak en Prokofiev gegee, vyf volledige operas begelei en ‘n verskeidenheid kantatas, misse...
Camerata
Die Universiteit Stellenbosch Camerata is in 2008 gestig as die breinkind van Peter Martens. Die aanvanklike idee was vir 'n kamerorkes bestaande uit US-dosente, studente en alumni om met internasionale soliste saam te werk, meestal sonder 'n dirigent.