Gids vir voorgraadse studente
Toegang
Alle biblioteke van die Biblioteek- en Inligtingsdiens is toeganklik vir alle studente van die Universiteit. Toegang tot die Universiteit Stellenbosch Biblioteek en die takbiblioteke benodig die skandering van 'n geldige US-studentekaart. Geen eet- of drinkgoed word toegelaat nie. Slegs water in morsvrye houers.
Geen toegang sonder 'n geldige studentekaart. Sien Biblioteekure.
Uitleenvoorregte
- 6 items vir 2 weke
- Voorgraads (Musiek): 15 items vir 2 weke
- Hernuwings: 2 keer per item (binne maksimum hernuwingsperiode van 42 dae), behalwe indien bespreek deur iemand anders. Hernu aanlyn of vra 'n personeellid.
- Terugbesorgings: By enige van die biblioteke van die Biblioteek- en Inligtingsdiens
- Boetes en betaling: Slegs SnapScan en EFT betalings word aanvaar.
Items vervaldatum verstryk: R1.00 per item per dag
Boetegrens: R30.00 (Uitleenvoorregte sal opgeskort word wanneer hierdie limiet oorskry is tot op datum wat die boete vereffen is).
Verlore/beskadigde boeke: Vervangingswaarde betaalbaar aan die Biblioteek- en Inligtingsdiens - Bespreek boeke wat uitgeleen is: Gratis en sonder beperking. Bespreek aanlyn of vra 'n personeellid
- Uitleenbare materiaal: Alle itemtipes behalwe waar POLICY aangedui is as “Not loanable"
- Verlore/beskadigde boeke: Vervangingswaarde betaalbaar aan die Biblioteek- en Inligtingsdiens
Dienste
Vind boeke, artikels en ander inligtingsbronne
Die Biblioteek-soekfunksie, op die biblioteek se tuisblad, soek deur die biblioteek se hulpbronne.
Gebruik die soekfunksie op die biblioteektuisblad of kies Databasisse of E-tydskrifte vanaf die VIND-spyskaart.
Aanwysings is beskikbaar by Find, access and use information effectively: a step by step guide.
Vind jou pad deur die Universiteit Stellenbosch Biblioteek: Vloerplan.
Gebruik jou US-netwerkgebruikersnaam (NIE e-posadres nie) en -wagwoord om afkampus in te teken.
Biblioteekoriëntering en -opleiding
Raadpleeg die volgende opleidingskalenders:
'n Ander opsie is om vir 'n persoonlike opleidingsessie te vra -
maak 'n afspraak met jou Fakulteitsbibliotekaris.
Reserwe
- Items wat dikwels gebruik word
- Slegs beskikbaar vir US-studente en -personeel
- Aantal items: 3
- Uitleenperiode tydens biblioteekure vir gebruik binne die biblioteek: 3 ure
- Uitleenperiode wanneer die biblioteek gesluit is:
Oornag: uit 30 min voor sluitingstyd;
Terug: 30 min na oopmaaktyd - Boetes vir laat items: R10.00 per uur na 'n grasieperiode van 30 min
Interbiblioteeklenings
- Items wat nie in enige van die US-biblioteke beskikbaar is nie, kan van 'n ander biblioteek aangevra word. Sien Interbiblioteeklenings.
Ander dienste
'n Aanlyn inligtingsdiens is beskikbaar by "Vra 'n bibliotekaris" (Ask a Librarian). As alternatief kontak jou fakulteitsbibliotekaris.
Studente en personeel kan by enige 'secure pull print' drukker in die biblioteek druk, kopieer of skandeer deur hul studente-/personeelkaart te gebruik.
Jy kan ook druk, kopieer of skandeer deur jou studente-/personeelkaart by die Maties Copy and Print winkel in die Neelsie Studentesentrum te gebruik. Sien Druk, kopieer en skandeer.
Internet en koordlose toegang is beskikbaar aan personeel en studente wat by die Universiteit Stellenbosch vir netwerktoegang geregistreer is. Sien Koordlose toegang.
'n Verskeidenheid lokale is vir bespreking beskikbaar. Sien Besprekings.
Al die elektroniese bronne waarop die Biblioteek- en Inligtingsdiens inteken is via die biblioteektuisblad ook vanaf huis-, kantoor- en skootrekenaars of selfone toeganklik.
Gebruik jou kampus US-netwerkgebruikersnaam (NIE e-pos adres nie) en -wagwoord om in te teken. Sien Afkampus- elektroniese toegang.