Skip to main content
CDIS
Image by: CDIS

Stellenbosch University

Persverklaring

Ondersteuning van die plekke waar ons leer: Fasiliteitsbestuur verander naam na Kampusontwikkeling, Infrastruktuur en Dienste (CDIS)

Petro Mostert
10 Februarie 2026
  • Ondersteuning van die plekke waar ons leer:
  • Fasiliteitsbestuur verander naam na Kampusontwikkeling, Infrastruktuur en Dienste (CDIS)

Die Universiteit Stellenbosch se Afdeling Fasiliteitsbestuur het 'n nuwe naam aangeneem: Kampusontwikkeling, Infrastruktuur en Dienste (KOID), 'n titel wat die volle reeks funksies wat die afdeling uitvoer, beter weerspieël.

“Oor die afgelope paar jaar het die verantwoordelikhede van die Universiteit Stellenbosch se Afdeling Fasiliteitsbestuur (SUFM) sy tradisionele fasiliteitsbestuur-funksie uitgebrei om ontwikkelingsbeplanning, infrastruktuurbestuur, volhoubaarheidsleierskap, bate-lewensiklusbeplanning, kampusbedryfsdienste, infrastruktuurrisiko, kliëntervaringsfunksies en digitale FM-platforms in te sluit. Die naam “Fasiliteitsbestuur” verteenwoordig nie meer hierdie breër omvang of die strategiese waarde wat die funksie oor alle kampusse heen lewer nie,” sê Nicolette van den Eijkel, Hoofdirekteur. Sy sê die nuwe naam weerspieël ook die afdeling se verantwoordelikheid vir langtermynkampusontwikkeling, kapitaalbelegging, nutsbestuur, ingenieursbestuur, instandhoudingstelsels, digitalisering en multikampusdienste.

Prof Nicola Smit, die US se Waarnemende Uitvoerende Bedryfshoof vir die Verantwoordelikheidsentrum Bedryf en Finansies, het gesê hierdie nuwe belyning ondersteun die breër veranderinge wat in die groter RC aan die gang is. “Die nuwe naam en fokus sal 'n duideliker fokus, verantwoordbaarheid en ondersteuning vir die Universiteit se ontwikkelende behoeftes verseker.”

Merkers

Bestuur

Verwante stories