Breadcrumb
Sport
Ons kampusse spog met sportfasiliteite van wêreldgehalte wat deurdrenk is van geskiedenis en lewendige studentegees. Van die legendariese Danie Craven-stadion tot die opwindende bergfietsroetes wat die Cape Epic en die Coetzenburg-stadion huisves, is passie, uitnemendheid en gemeenskapsbetrokkenheid die hoekstene van sport by die US.
Danie Craven-stadion
Die tuiste van Maties se maroen masjien, soos daar soms na ons Universiteit se eerste rugbyspan verwys word, is hierdie stadion met 17 000 sitplekke ideaal vir rugby- en sokkerwedstryde, opelugbyeenkomste en selfs filmopnames en dien dit soms as wegspringplek en eindpunt vir wedlope en fietswedrenne.
Coetzenburg-atletiekstadion
Die Coetzenburg-atletiekstadion, aangrensend aan die Coetzenburg-sentrum, spog nie net met asemrowende natuurskoon nie, maar ook met 'n A-graad atletiekbaan en moderne beligting, wat dit as 'n internasionale atletiekbaan posisioneer wat vir sokker aangewend kan word.
Coetzenburg-sentrum
Die Coetzenburg-sentrum, geleë tussen die Danie Craven-rugbystadion en die Coetzenburg-atletiekstadion, is 'n binnenshuise multisportlokaal wat vir binnenshuise sport (basketbal, netbal, pluimbal, vlugbal, vegkuns, ens.), konferensies, gradeplegtighede en soortgelyke groot binnenshuise byeenkomste...
Buitelugswembad
Die Olimpiese Coetzenburg-swembad langs die Coetzenberg-sentrum bied moderne geriewe. Die swembad is 50 m lank en het 'n eenvormige diepte van 2 m. Dit het ook die infrastruktuur vir onderwaterkameras en stroboskopiese onderwaterstrookbeligting om die pas gedurende oefeninge aan te gee. Die swembad...
Lentelus
Die Lentelus-sportterein, geleë in Hammanshandweg, Stellenbosch, is die tuiste van die Stellenbosch Sokkerklub, wat deel uitmaak van die Universiteit Stellenbosch se sportprogram. Dit bied moderne geriewe, insluitende vyf sokker-/rugbyvelde en 'n klubhuis.