Die US Jaarboekdeel mandate of CUBL is aligned to the following institutional principles regarding the financial support of students:
- Verbeter studentesukses deur middel van toeganklike en volhoubare finansiële bystand.
- Bevorder diversiteit deur beurse te verskaf aan studente uit die aangewese rassegroepe, uit sosio-ekonomies benadeelde agtergronde en met gestremdhede.
- Moedig akademiese uitnemendheid aan deur mededingende finansiële steun aan hoëpresteerder-studente aan te bied.
- Ondersteun finansiële behoeftigheid deur studente by te staan wat die hulpbronne kortkom om hulle studies te befonds.
Ons span professionele finansiëlehulp-praktisyns is daartoe verbind om toegang tot hoër onderwys te verbreed deur voornemende en huidige voorgraadse studente in te lig oor befondsingsgeleenthede wat vir hulle beskikbaar is. Só wil ons verseker dat finansiële behoeftigheid geen akademies verdienstelike studente verhoed om verder te studeer nie. Ons begryp dat die aansoekproses spanningsvol kan wees. Daarom probeer ons voortdurend steun verleen om ’n vir positiewe ervaring in die geheel te sorg.
Hierdie steun sluit die volgende in:
- Reageer betyds op navrae vanaf studente, ouers, maatskappye en skenkers.
- Verskaf leiding en bystand met finansiële beplanning aan studente.
- Ken die beskikbare fondse toe en allokeer dit.
- Doen die finansiële bestuur wat met finansiële hulp gepaardgaan: interne fondse (US-befondsing) én eksterne beurse vanaf maatskappye en skenkers (buitefondse vanaf skenkers).
- Adverteer die finansiële hulp wat beskikbaar is (verwys na die US Jaarboek, Deel 2: Beurse en Lenings)