Sou ’n voornemende of huidige voorgraadse student onsuksesvol wees om ’n studentebanklening te bekom, kan hulle skarefinansiering deur feenix oorweeg. Feenix is ’n aanlyn fondsinsamelingsplatform wat in Junie 2017 gestig is in reaksie op die #FeesMustFall-beweging wat in 2015 en 2016 oor universiteitskampusse in Suid-Afrika versprei het. Feenix, waarvan Standard Bank ’n stigtersvennoot is, glo dat toegang tot onderrig nie afhanklik moet wees van hoe ryk ’n mens is nie. Die platform voorsien studente van die gereedskap om hulle fondsinsamelingspogings te formaliseer en voorsien befondsers van ’n kanaal om studente op te spoor wat hulle wil ondersteun.
Student Hero
Wees jou toekomstige self vroeer met Student Hero

Stellenbosch Universiteit werk saam met Student Hero om ons studente en hul gesinne te help om aansoek te doen, te kwalifiseer, en bekostigbare studentefinansieringsoffertes van die Suid-Afrikaanse banke en alternatiewe finansieringsverskaffers te vergelyk. Dit word gedoen vanaf 'n enkele platform sonder enige koste aan jou.
Student Hero bestaan uit 'n liga van professionele persone wat elk gespesialiseerd is in hul veld. Dit beteken dat hul advies holisties is, hul oplossings kreatief is, en hul waarde ongeëwenaard is.
Vir meer inligting, besoek die studenthero.co.za-webwerf* of ‘n epos [email protected]. Alternatiewelik, indien jy meer wil leer oor en aansoek wil doen vir bekostigbare befondsing, WhatsApp https://wa.me/27615853490 of klik die ‘Doen Aansoek’ skakel* hieronder. *Alle inligting is slegs in Engels beskikbaar
Capitec
Capitec bied studentefinansiering aan studente wat voorgraadse studies aan die Universiteit Stellenbosch wil voltooi.
Die inligting hieronder is verskaf deur die diesnverskaffer, Capitec. Neem asseblief kennis dat die Universiteit Stellenbosch en SVBL glad nie betrokke is by die aansoek, keuring, of administrasie van enige Capitec-studentefinansiering nie.
Ontdek jou potensiaal met Capitec se studentefinansiering
Verseker jou toekoms met Capitec se studentefinansiering! Jy kan tot en met R500 000 se finansiering kry teen ’n vaste, lae rentekoers, en 84 maande om dit terug te betaal.
Sien gerus of jy kwalifiseer in 3 maklike stappe, of doen nou aanlyn aansoek .
- Laer maandelikse betalings wat jou sak sal pas
- Doen aansoek aanlyn, of by jou naaste tak – die keuse is joune
- Ons betaal die geld direk oor aan jou gekose instansie sodat jy nie daaroor hoef te bekommer
- Kyk of jy kwalifiseer en hoeveel jy kan kry
- Indien jy kwalifiseer, sal ons na jou toe uitreik om jou aansoek te finaliseer
- Sodra jou aansoek suksesvol is, sal ons jou gekose instansie namens jou betaal
- Jy betaal die krediet terug deur gebruik te maak van ’n maandelikse debietorder.

Jy kan die QR-kode hierbo skandeer, of aanlyn aansoek doen, en binne vyf minute ‘n antwoord ontvang. Jy kan ook vir ons ’n e-pos by info@capiteceducationfinance… stuur vir meer inligting.
Vir meer inligting, besoek capiteceducationfinance.co.za of stuur vir ons ‘n e-pos na [email protected].
Nedbank studente lenings
’n Buigsame oplossing vir voltydse of deeltydse studies
- Ons lenings is vir voltydse of deeltydse studente geskik
- Jy kan jou studielening terugbetaal terwyl jy studeer of wanneer jy jou studies voltooi het
- Jy kan ook voordeel trek uit spesiale rentekoerse wat aan jou akademiese prestasie gekoppel is

Standard Bank-studentelenings
Verder jou opleiding om 'n droomloopbaan te verseker
Standard Bank bied vier soorte studentelenings aan wat dit vir groot hoeveelhede studente moontlik maak om verder te studeer en hulle droomloopbaan na te jaag.
Hierdie studentelening stel jou in staat om sonder ’n ouer of voog vir befondsing te kwalifiseer.
Voordele
- hierdie lening dek klasgelde, handboeke en studietoerusting, verblyf en bestaande historiese skuld
- bekostigbare rentekoerse
- geen terugbetalings terwyl jy studeer nie
Hoe werk dit?
- jy moet ’n kliënt van Standard Bank wees. As jy nie ’n bankrekening by hulle het nie, kan jy aanlyn op Standard
- Bank se webwerf aansoek doen
- jou bruto huishoudelike inkomste moet minder as R600 000 per jaar (minder as R50 000 per maand) wees
- jy moet ’n derdejaarstudent of hoër in wetenskap, tegnologie, ingenieurswese, wiskunde, handel of gesondheidswetenskappe wees, of ’n vyfdejaarstudent of hoër in geneeskunde
Wie kan aansoek doen?
Hierdie lening is beskikbaar vir 'n derdejaarstudent of hoër binne wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde studierigtings; of 'n vyfdejaarstudent en hoër binne medisyne. Sien die volledige lys hier te klik. vir kwalifiserende studieprogramme.
Doen aanlyn aansoek
Eerstens moet jy die volgende dokumente gereed hê:
- ’n Afskrif van jou Suid-Afrikaanse ID
- Bewys van woning, nie ouer as drie (3) maande nie
- Bewys van bruto huishoudelike inkomste
- Bewys van jou jongste akademiese uitslae
- Jou Universiteit Stellenbosch-registrasiebrief
- Indien jy befondsing vir handboeke en studietoerusting benodig, bewys van koste as dit meer as R6 000 is
- Indien jy befondsing vir verblyf benodig, jou huurooreenkoms wat die verblyfkoste aantoon
- ’n Universiteitstaat wat die koste van jou klasgelde of koshuisverblyf aantoon (indien befondsing benodig word)
kliek dan Doen aansoek om jou aansoek te voltooi.
Wie kan aansoek doen?
Hierdie lening is soos volg beskikbaar vir 'n FGGW-geregistreerde student:
- Vierde jaar: BNurMid; BSc Arbeidsterapie; BSc Fisioterapie; BSc Spraaktaal- en Gehoorterapie
- Vyfde jaar: MBChB
- Sesde jaar: MBChB
Hoe om aansoek te doen
Besoek asseblief die SVBL-beurskantoor, Kamer 1044, Kliniese Gebou op Tygerberg-kampus en praat met 'n beursbeampte.
Hierdie studentelening is vir voltydse studente en benodig ’n borg om die studentelening saam met die student te onderteken. Jou borg kan ’n ouer, voog of enigiemand wees wat bereid is om saam met jou te onderteken.
Voordele
- hierdie studentelening stel jou in staat om plaaslik of in die buiteland te studeer. Dit kan ook gebruik word om ’n privaat vlieënierlisensie te befonds
- lae rentekoerse
- geen maksimum klasgelde nie
Hoe werk dit?
- jou borg moet ’n minimum inkomste van R3 000 per maand verdien
- jou borg is verantwoordelik daarvoor om die rente en fooie te dek terwyl jy studeer of as jy versuim om jou terugbetalings te maak
- jy sal ’n grasietydperk van ses (6) maande na voltooiing van jou studies ontvang om die leningterugbetalings oor te neem
Doen aanlyn aansoek
Eerstens moet jy die volgende dokumente gereed hê:
- ’n ID-afskrif (beide die student en borg)
- Bewys van woning, nie ouer as drie (3) maande nie (beide die student en borg)
- Drie (3) maande se salarisstrokies (die borg), en drie (3) maande se bankstate indien die borg nie by Standard Bank bank nie
- Bewys van jou jongste akademiese uitslae
- Jou Universiteit Stellenbosch-registrasiebrief
- Jou aanvaardingsbrief of bewys van registrasie vanaf die Universiteit Stellenbosch
- Bewys van die koste van jou klasgelde, verblyf en handboeke en/of toerusting
kliek dan Doen aansoek om jou aansoek te voltooi.
Hierdie studielening is ideaal as jy deeltyds wil studeer en voltyds werk.
Voordele
- jy kan jou studentelening verseker in geval van dood, ongeskiktheid of gevreesde siekte
- bekostigbare rentekoerse
- geen maksimum klasgelde nie
Hoe werk dit?
- jy moet ’n minimum maandelikse inkomste van R5 000 verdien om te kwalifiseer
- jy sal die lening moet terugbetaal terwyl jy studeer
Doen aanlyn aansoek
Eerstens moet jy die volgende dokumente gereed hê:
- ’n ID-afskrif
- Bewys van woning, nie ouer as drie (3) maande nie
- Drie (3) maande se salarisstrokies, en drie (3) maande se bankstate indien jy nie by Standard Bank bank nie
- Bewys van jou jongste akademiese uitslae
- Jou Universiteit Stellenbosch-registrasiebrief
- Jou aanvaardingsbrief of bewys van registrasie vanaf die Universiteit Stellenbosch
- Bewys van die koste van jou klasgelde, verblyf en handboeke en/of toerusting
kliek dan Doen aansoek om jou aansoek te voltooi.
ENIGE VRAE?
Lees Standard Bank se studentelening-artikel om meer te leer oor studentelenings en hoe dit werk.
Fundi studenteleningsaanbieding
Ontsluit meer vir jou opvoedkundige reis
undi verstaan dat die volg van hoër onderwys gepaard gaan met drome, doelwitte, en soms finansiële uitdagings. Dit is hoekom hulle daar is om jou elke stap van die pad te ondersteun.
Hul studieleningsaanbieding is ontwerp om jou op jou akademiese reis te bemagtig. Hier is hoe hulle jou kan help:
Moenie dat klasgelde in die pad van jou drome staan nie. Fundi-studentelenings dek 'n aansienlike deel van jou onderrigkoste, wat verseker dat jy op jou studies kan fokus sonder om die ellende van finansiële stres te verduur.
Om jou opvoedkundige reis te begin moet 'n naatlose ervaring wees. Daarom help Fundi jou met registrasiefooie en verseker jy ’n moeitevrye toegang tot jou gekose studieprogram.
Het jy uitstaande saldo's? Moenie bekommerd wees nie, Fundi is hier om jou te help om dit te skik. Fundi glo dat vorige uitdagings nie jou vordering moet belemmer nie, en hulle is toegewyd om die ondersteuning te bied wat jy nodig het.
Omhels die digitale era van leer met selfvertroue. Fundi kan uitgawes dek vir noodsaaklike studiehulpmiddels soos skootrekenaars en voorgeskrewe studiemateriaal, wat jou toerus vir sukses in jou kursusse.
Sluit aan by talle studente wat hul potensiaal met Fundi se studielenings besef het. Fundi se verbintenis strek verder as finansiële ondersteuning; dit gaan daaroor om jou te bemagtig om jou akademiese doelwitte te bereik en 'n beter toekoms te vorm.
Doen vandag nog aansoek vir 'n Fundi-studentelening en begin 'n reis wat nie net oor onderwys gaan nie, maar om jou aspirasies te verwesenlik.
Indien jy enige navrae het, skakel asseblief vir Thorn Williams by 061 370 1028 of e-pos [email protected] vir bystand.


Manati Alternate Student Funding (alternatiewe studentebefondsing)
Kweek ‘n slim toekoms met ‘n alternatiewe befondsingsoplossing
Manati Alternate Student Funding is 'n studente finansierings organisasie wat innoverende finansierings oplossings bied. Hulle is uniek omdat hul gesamentlike huishoudelike inkomste oorweeg en 'n meer toegeeflike kredietkriteria het. As 'n alternatiewe leningverskaffingsplatform sou hul tipiese kliënt normaalweg nie kwalifiseer vir 'n banklening of 'n studentelening nie.
Manati sal jou elke stap van die pad ondersteun en jou help om jou studies 'n vliegende begin te gee.
Vir meer inligting, besoek www.manati.co.za of stuur ’n e-pos na [email protected].
Alternatiewelik, om meer te leer oor Manati óf om aansoek te doen vir bekostigbare befondsing van Manati, maak hierdie klets skakel of WhatsApp Manati.