Hulpbronne
As jy nie die hulpbron opgespoor kry wat jy soek nie, kontak asseblief vir US Kliëntediens by 021 808 9111 of teken ’n versoek op die US Hulptoonbank se portaal (gaan na Studentefinansiering en kies die tipe navraag waaroor dit gaan). Onthou om jou studentenommer by die beskrywing in te sluit sodat ons jou navraag doeltreffend kan hanteer.
Aansoekproses: US-befondsingsgeleenthede (SUFO)
Hoe om aansoek te doen. Sorg dat jy voorbereid is. As jy beoog om om US-befondsing aansoek te doen, is ons beste raad dat jy eers alle ondersteunende dokument wat jy nodig het, bymekaarkry voordat jy die aanlyn aansoekproses begin.
Die wysste is om jou aansoek lank voor die sluitingsdatum in te dien en om jou e-pos gereeld na te gaan vir belangrike terugvoer oor waar jou aansoek in die proses is.
Laai die PDF-gids hier onder af. Dit sit die aansoekproses stap vir stap uiteen en wys watter dokumentasie jy alles nodig het.
- 2026_SU_Funding_Application_Guide Aansoekproses (slegs in Engels)
Bursary process: NSFAS
NSFAS 2025 toelaes en kritieke beursinligting. Alle studente wat voorlopig befonds word, word versoek om asseblief deeglik kennis te neem van die inligting wat in die pdf uiteengesit word. Dit dek 8 punte:
(1) Aanvaar/weier beurs; (2) Verwerking van toelaes (boek; akkommodasie); (3) Akkommodasieveranderinge en toelae CAP; (4) Dubbele koers en beurskansellasie; (5) Definansiering deur NSFAS; (6) US-Befondsingsgeleenthede; (7) NSFAS-bepalings en -voorwaardes; en (8) Toelaagverdeling, volgens lewensreëling.
- NSFAS24-CBI Kritieke beursinligting (slegs ENG)(hersien AUG24)
Payment process: Intellimali
Stappe oor hoe om jou toelae/s te ontvang. Die betaling van toelaes is nie die eerste stap in die beursbetalingsproses nie. ‘n Student sal eers die beurs moet aanvaar, hul lewensreëlings bevestig, en dan seker maak dat hul kontak- en ander besonderhede op hul SUNStudent-profiel opgedateer en korrek is.
Alle beurstoelaes wat deur die US bestuur word, word via Intellimali verwerk. Sodra jou eerste betaling gelaai is, sal jy ‘n PIN van Intellimali ontvang. Die pdf beskryf belangrike stappe in the uitbetaling (betaling) proses.
- SU24-INTELLIMALI Stappe oor hoe om jou toelaes te ontvang (slegs ENG)
- Intellimali rekening aanmeld
- e-pos [email protected]
- Intellimali webwerf