Skip to main content

Befondsing vir die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

Befondsing vir die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

Die Sentrum vir Studenteadministrasie (SSA) en die SVBL-beursbeamptes op die Tygerberg-kampus (Kliniese gebou) verleen hulp aan FGGW-studente.

SSA is daarop toegespits om ’n omvattende diens aan voornemende en huidige studente aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) te lewer wat die administrasie van voorgraadse beurse insluit. Kyk hier na die befondsingsopsies wat beskikbaar is vir FGGW- voorgraadse studente.

SVBL-beursbeamptes kan hulp aan FGGW-studente verleen met betrekking tot US-befondsing, eksterne skenkerbeurse of nie-US-befondsing, maar enige NSFAS-verwante navrae moet aan die US-kampushulptoonbank by [email protected]Die US Jaarboekdeel US-befondsingaansoekproses vind aanlyn plaas en jy sal na ’n veilige webwerf geneem word om die aansoekvorm te voltooi. Ons beveel aan dat jy eers die Aansoekproses -oortjie nagaan om jou ondersteuningsdokumente voor te berei, voordat jy op ‘Doen nou Aansoek’ klik.

Beursjaarboek: FGGW

Die Beursjaarboek is ’n omvattende lys van finansiële hulp wat vir die akademiese jaar beskikbaar is.

Beurse word volgens fakulteit gegroepeer en sluit US-befondsing in. Beurse vir die meeste fakulteite kan op bladsy 7–16 (pdf 14–23) gevind word en dié spesifiek vir FGGW- voorgraadse studente op bladsy 46–48 (pdf 53–55).

FGGW iThemba-beursfonds

As deel van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) se volgehoue strewe om sy waardes, visie en missie te verwesenlik, bevorder die fakulteit aktief toegang tot gehalte opvoeding en werk die fakulteit hard om studentesukses te verseker. Die FGGW iThemba-beursfonds is in 2015 geskep ten bate van studente wat alle ander opsies om hulle studies te befonds, uitgeput het.

Die FGGW het beperkte befondsing vir 2026 beskikbaar vir TygerMatie voorgraadse studente in finansiële nood.

Let asseblief op die volgende belangrike punte oor die beursfonds:

  • Toekennings word deur finansiële behoefte en aan studente toegeken wat alle ander beskikbare befondsingsopsies uitgeput het
  • Aansoekers moet bewys lewer dat hulle nie gekwalifiseer of toegang gehad het tot enige ander fondse, beurse en/of lenings nie
  • Nie-SA burgers sal oorweeg word
  • Voorgraadse studente in hulle finale jaar en MBChB-studente in hulle vyfde jaar sal nie vir hierdie beursfonds oorweeg word nie indien hulle nie kan bewys dat hulle gebruik gemaak het van alle beskikbare befondsingsopsies (bv. ’n gesekureerde Standard Bank lening) of dit oorskry het nie
  • Die Universiteit behou die reg om die geldigheid van alle inligting te bepaal en die aansoek en/of beurstoekenning te kanselleer indien vals inligting voorsien is
  • Toekennings beloop tot ’n maksimum van R50 000 en is slegs geldig vir die 2023 akademiese jaar (toekennings wat hierdie bedrag oortref, kan onder buitengewone omstandighede en op grond van meriete van geval tot geval gemaak word)
  • Die Universiteit behou die reg om die iThemba-toekenning terug te trek indien daar gedurende die jaar ander fondse aan ’n ontvanger toegeken word wat alle studieverwante uitgawes dek
  • Die iThemba-toekenning mag nie vir historiese studieverwante skuld gebruik word nie

Hoe om aansoek te doen

Stap 1 Laai die aansoekvorm af en voltooi dit.

Stap 2 Kry al die nodige ondersteuningsdokumente bymekaar wat op die aansoekvorm aangedui word. Stoor al hierdie dokumente in een PDF-lêer. Gebruik asseblief jou US# as ’n voorvoegsel wanneer jy die lêer benoem, bv. ‘12345678-iThemba’.

Stap 3 Daar is twee maniere om jou aansoek in te dien:

E-pos jou aansoek na [email protected]. Onthou om jou US# in die onderwerpreël aan te dui, bv. ‘US# / iThemba-aansoek’ en maak seker dat jy die aansoekvorm en die ondersteuningsdokument in pdf-formaat aangeheg het; of

Hand aflewering Plaas jou gedrukte aansoek en ondersteuningsdokumente in ’n duidelik gemerkte koevert en lewer dit per hand af by die Beurskantoor, Kamer 1043, Kliniese Gebou, Tygerbergkampus.

Aansoeke vir 2026 is oop: 2-20 Februarie 2026.