Skip to main content

SUNLearn-heraktivering begin vir die 2026-akademiese jaar

19 November 2025

Modules vir 2026 word in die volgende paar weke geheraktiveer, een platform op 'n keer – FMHSLearn eerste. Baniere met kennisgewings en nuus oor vordering sal vir elke platform vertoon word sodra die betrokke heraktivering begin. Ons het 'n gids, die SUNLearn Rollover and Refresh Guide,saamgestel wat die belangrikste aspekte uitlig en jou geheue verfris oor wat ’n mens voor oë moet hou; byvoorbeeld dat jy gedurende heraktivering niks aan die inhoud mag verander nie en hoe inskrywings bestuur word.

Teken asseblief 'n versoek by Leertegnologieë se Hulptoonbank aan oor enige navrae wat jy dalk het.

Wanneer die heraktivering van jou platform afgehandel is, sal ons jou in kennis stel.

Nadat die heraktivering afgehandel en fasiliteerders vir hulle modules geregistreer is, moet jy die ruimte vir jou module(s) opruim en vir die nuwe jaar opfris. Dit is noodsaaklik, want dit verseker dat studente toegang tot die jongste inhoud het en dat die module en die platform nie met onnodige inhoud oorlaai is nie.

Kyk asseblief in Deel B van ​die SUNLearn Rollover and Refresh Guide, daar is 'n afmerklysie vir opfrissing.

Leertegnologieë se Hulpbronbiblioteek bied hulpbronne oor hoe om elemente van strukturele ontwerp op te stel, onder meer opskrifte, uitligkassies en tabelle.

Jy kan ook 'n goed saamgestelde institusionele templaat, kompleet met herbruikbare elemente en ikone, aanvra. Om dit te doen, teken asseblief 'n versoek by Leertegnologieë se Hulptoonbank aan.

Ondersteuningspan: Leertegnologieë