Skip to main content
SU

Ons Versamelings

Ons Versamelings

Verken ons versamelings wat die geskiedenis en mylpale van US uitbeeld.

Die Argief, gestig in 1996, het ten doel om die instelling se institusionele geheue te bewaar en terselfdertyd as ’n waardevolle bron vir onderrig en navorsing te dien. Ons versamel en bewaar unieke primêre bronne wat die geskiedenis van die universiteit en sy voorgangers. Stellenbosch Gimnasium, Stellenbosch Kollege en Victoria College, dokumenteer.

Ou Rugbyveld
Image by: SU

Skenkings

Ons verwelkom skenkings van materiaal wat die universiteitsgeskiedenis dokumenteer. Indien u rekords, foto’s of publikasies het wat van argivale waarde kan wees, kontak ons asseblief om ’n moontlike skenking te bespreek. 

Wat ons versamel 
  • Amptelike universiteitsrekords en publikasies
  • Fakulteits-, ondersteuningsdienste en studente verwante dokumente en publikasies
  • Studente-organisasie rekords en publikasies
  • Foto’s
Files
Image by: SU

ADMINISTRATIEWE REKORDS

Amptelike administratiewe rekords, raad- en senaatsnotules, asook korrespondensie van Universiteit Stellenbosch, Victoria Kollege en sy voorgangers

1864+

Photos
Image by: SU

FOTO'S

Historiese foto’s wat die kampuslewe, gebeure en noemenswaardige individue deur die universiteit se geskiedenis dokumenteer.

50 0000 + foto's

Publications
Image by: SU

PUBLIKASIES

Universiteitspublikasies insluitend jaarverslae, nuusbriewe, uitnodigings en koerantknipsels

100 + jaar

Students
Image by: SU

STUDENTELEWE

Dokumente en foto’s van die Studenteraad (SR), studente organisasies en koshuise.

Gebruik van ons versamelings

access
Image by: SU

NAVORSINGSTOEGANG

Die meeste van ons versamelings is gedurende werksure vir navorsing beskikbaar. Sommige versamelings kan toegangsbeperkings hê as gevolg van privaatheidsoorwegings of bewaringsvereistes. Ons personeel kan u van raad bedien oor toegang tot spesifieke materiaal.

find
Image by: SU

INVENTARISSE

Gedetailleerde inventarisse is beskikbaar om u te help om ons versamelings te verken. Ons personeel kan u bystaan om relevante materiaal te identifiseer en u navorsingsbesoek te beplan.

digital
Image by: SU

DIGITALE VERSAMELINGS

Geselekteerde materiaal uit ons versamelings is gedigitaliseer en aanlyn beskikbaar. Ons brei voortdurend ons digitale aanbod uit en gee voorkeur aan materiaal van algemene belang sowel as items wat gereeld aangevra word.

scanned
Image by: SU

REPRODUKSIES

Ons kan elektroniese afskrifte van materiaal verskaf vir navorsing, publikasie of persoonlike gebruik. Kopiereg- en gebruiksvoorwaardes kan van toepassing wees.

Verken ons versamelings

Maak ‘n afspraak om ons versamelings te verken of kontak ons vir hulp

books
Image by: SU