Skip to main content
Inventors awards
Image by: Ignus Dreyer

Prize winners at the Annual Innovus Inventors Awards 2025

Toekennings en mylpale

US erken uitvinders vir baanbrekende patente en innovasie-uitnemendheid

Mihlali Gotyana
01 Desember 2025
  • Innovus Tegnologie Oordrag vier navorsers wie se werk in 2025 toegekende patente ontvang het

Die Innovus Tegnologie-oordragkantoor (TTO) het sy jaarlikse Uitvinderstoekenningseremonie op Woensdag 26 November 2025 aangebied om navorsers van die Universiteit Stellenbosch (US) te vier wie se werk die afgelope jaar toegekende patente ontvang het. Die geleentheid erken uitstaande bydraes tot die innovasie-ekosisteem en die enorme potensiaal van Intellektuele Eiendom (IE) om tegnologieë met werklike impak te bevorder.

Die 2025 Innovus Uitvinderstoekennings, wat by die Stellenbosch Instituut vir Gevorderde Studie (Stias) aangebied is, het navorsers, bedryfsvennote en US-personeel bymekaargebring. In vennootskap met die IE regsfirma Von Seidels, het die TTO twintig sertifikate toegeken wat patente erken wat in verskeie gebiede toegeken is, insluitend lande soos Suid-Afrika, China, die VSA en die Verenigde Koninkryk.

Ravini Moodley, Direkteur van Innovus TTO, het gesê: "Hierdie toekennings toon hoe US-navorsing toenemend bedryfspraktyke vorm, maatskaplike uitdagings aanspreek en Suid-Afrika se innovasielandskap versterk. Elke patent wat toegeken word, verteenwoordig intensiewe, nuwe navorsing wat by die US gedoen word met duidelike stappe in die rigting van oplossings wat kan skaal en gekommersialiseer kan word. Die groeiende impak van ons navorsers is duidelik in hoe hul werk nie net plaaslik nie, maar ook internasionaal erken word. Dit is 'n bewys is van die US se rol as 'n dryfveer van innovasie en ekonomiese ontwikkeling."

Gasspreker Eugene Smit, Hoof Uitvoerende Beampte van die Stellenbosch Nanofiber Company (SNC), het die gehoor deur SNC se reis geneem: van navorsing tot patent. Dit het uiteindelik tot die stigting van die afwentelmaatskappy gelei. Smit het lesse gedeel wat hulle geleer het uit die vroeë stadiums van die ontwikkeling van die maatskappy, en die belangrikheid van patente vir grootskaalse kommersialisering beklemtoon. Hy het ook navorsers aangemoedig om kwaliteit bo kwantiteit te prioritiseer. Hy het ook die behoefte aan konsekwente instandhouding van patente beklemtoon, selfs gedurende uitdagende tye. Hy het veral beklemtoon hoe hoe waardevol die ondersteuning van die TTO is end at navorsers hierdie uitnemende diens moet benut – iets wat hulle sal aanmoedig om innovasie en samewerking by die US verder te dryf.

Die hoogtepunt van die aand was die spesiale toekennings, wat oorhandig is deur Anita Nel, Hoofdirekteur Innovasie- en Kommersialisering by die US. Daar is vyf spesiale toekennings toegeken aan die fakulteite met die meeste openbaarmakings, patente toegeken en afwentelmaatskappye wat in 2025 gestig is.

'n Spesiale toekenning word jaarliks ​​toegeken ter erkenning van 'n navorser of span wie se werk 'n beduidende impak op die werklike wêreld gehad het. Vanjaar is die toekenning toegeken aan die uitvinders van 'n gis wat die afbraak van bioplastiek moontlik maak. Een spesiale toekenning het die navorser met die hoogste aantal patente wat in die afgelope vyf jaar toegeken is, erken.

Die volgende toekennings toon die diversiteit, vindingrykheid en maatskaplike waarde wat in die US se innovasie-ekosisteem ingebed is.

Fakulteitstoekennings

• Toegekende patente 2025: Die Fakulteit Natuurwetenskappe, wat die hmeeste toegekende patente vanjaar gehad het.

• Uitvindingsbekendmakings: Die Fakulteit Ingenieurswese is erken met die meeste ontvangde uitvindingsbekendmakings in 2025.

• Afwentel-maatskappy: Die Fakulteit Ingenieurswese het die meeste afwentelmaatskappye in 2025 gehad.

Navorsingsimpaktoekenning 2025: Omgewingsimpak

In samewerking met die Universiteit van Padua se navorsers van die Departement Mikrobiologie, is dr. Wessel Myburgh, prof. Willem Heber Van Zyl en prof. Marinda Viljoen-Bloom erken vir die innovasie wat gisselle modifiseer om ensieme te produseer wat polimelksuur, 'n soort bioafbreekbare plastiek, in eenvoudiger, funksionele komponente afbreek. Hierdie tegnologie dra by tot die verbetering van afvalbestuur en die versterking van die omgewingsimpak.

Navorser-innoveerdertoekenning 2025:

Professor Benjamin Loos van die Departement Fisiologiese Wetenskappe in die Fakulteit Wetenskappe is erken vir sy uitstekende bydraes tot navorsing en innovasie oor die afgelope vyf jaar by die US met die meeste toegekende patente. Onder sy noemenswaardige prestasies is die ontvangs van 'n Amerikaanse patent vir die Metode vir die Bepaling van Autofagosoomvloei en gebruike daarvan. Hy is ook die Hoof Uitvoerende Beampte en stigter van PhagoFlux, wat gevorderde sensortegnologie ontwikkel om outofagiese vloei te meet, wat die tempo is waarteen selle selfreiniging deur outofagie uitvoer.

Hoofdirekteur se Toekenning vir Uitsonderlike Bydrae tot die US Tegnologie-oordrag

Die seremonie is afgesluit met Nel wat die Hoofdirekteur se Toekenning vir Uitsonderlike Bydrae tot US Tegnologie-oordrag oorhandig het aan Nolene Singh, Adjunkdirekteur vir Innovus TTO. Singh sal in 2026 haar tiende jaar as deel van die TTO-span vier. “Oor die afgelope dekade was Nolene 'n ware steunpilaar van die TTO, 'n betroubare, talentvolle en toegewyde kollega wie se uitsonderlike toewyding die impak en sukses van die US se tegnologie-oordragpogings versterk het,” het Nel gesê.

Die 2025 Innovus Uitvindersstoekennings het die sterkte en gehalte van die US se innovasie-ekosisteem en die navorsers wat dit vorentoe dryf, beklemtoon. Deur hierdie deurbrake te vier, herbevestig Innovus TTO sy verbintenis tot die ondersteuning van idees wat werklike oplossings word. Die prestasies wat vanjaar erken is, dui op 'n toekoms van voortgesette impak, samewerking en wêreldklas-innovasie by die US.

Vir navrae rakende patente, bedryfsvennootskappe of lisensiëring, kontak asseblief die Innovus TTO by [email protected] . Klik hier om die US se tegnologieë te sien.

 

Verwante stories