Skip to main content

Finansies en voedselsekerheid


Maak asseblief ’n afspraak met ’n maatskaplike werker vir individuele begrotingsessies vir jou spesifieke situasie.

Kontak asseblief vir die maatskaplike werker op op ons Stellenbosch-kampus of op ons Tygerberg-kampus om by te dra tot die spens.

As deel van die Oorbrug-die-Gaping-inisiatief gaan #Move4Food steeds voort om bewustheid te skep, stigma oor hongerte af te breek en die US-gemeenskap bymekaar te bring om behoeftige studente te ondersteun. Jou bydrae tot #Move4Food word onmiddellik omskep in bystand aan behoeftige studente, wat hulle help om op hulle akademiese sukses te fokus sonder om hulle oor voedselsekuriteit te bekommer.


Om te skenk vir die Move4Food-veldtog
Move4Food: https://www.givengain.com/campaign/move4food
Donasie skakel: https://www.givengain.com/donate/cc/18451
 

Studente wat deur die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) befonds word, moet aansoek doen vir aanvulling of tekortbefondsing op die CUBL-webwerf (Universiteit Stellenbosch Sentrum vir Voorgraadse Beurse en Lenings) aangesien die befondsing wat studente deur die NSFAS-beurs ontvang nie genoeg is om alle onderrig-, verblyf- en etekoste per jaar te dek nie.

Die Universiteit Stellenbosch se Ko-kurrikulêre Ondersteuningsfonds (SUCSF) is 'n studentereisbeursfonds vir nasionale en internasionale ko-kurrikulêre geleenthede, soos studenteleierskapkonferensies en ander geleenthede wat tot voordeel van ons studente en ons gemeenskap sal wees. Die SUCSF verskaf ongelukkig nie befondsing aan studente wat 'n internskap moet doen nie.

Kan ek aansoek doen vir befondsing?
Het die geleentheid 'n ko-kurrikulêre tema?
Sal ek gradueer binne die minimum duur van my program, plus een jaar?
As dit my eerste jaar aan die US is, het ek my eerste semester suksesvol voltooi?

Waarvoor kan ek die fondse gebruik?
Vliegtuigkaartjies
Visum aansoekfooie
Konferensiefooie
Huisvesting
Vervoer


Aansoeke sal deur die SUCSF kommittee oorweeg word.