Skip to main content

Magister in die Natuurwetenskappe (Voedsel- en Voedingsekerheid)

Die oorhoofse doelwit van die program is om studente se vermoë om op ’n bewysgebaseerde manier te dink, te ontleed en op te tree; hulle vermoë om komplekse probleme te hanteer; hulle vermoë om oor hulle eie denke en werk te besin en om daardie besinning in die ontwikkeling van meer geskikte oplossings te omskep; en hulle vermoë om navorsingsuitdagings, -geleenthede en -oplossings aan kollegas en leke te kommunikeer, te ontwikkel; om bystand met projek-/programbestuur en -implementering te verleen; en om die vermoë aan te leer om binne ’n onsekere konteks tot ’n gevolgtrekking te kom. 

 

Spesifieke toelatingsvereistes

’n Beroepsgerigte baccalaureus- of honneursgraad op NKR-vlak 8 op ’n tersaaklike vakgebied in die landbou-, gesondheids- of natuurwetenskappe. ’n Gemiddelde punt van minstens 60% oor die vier studiejare heen word vereis.


Aansoekprosedure en sluitingsdatum

Doen teen 30 September van die voorafgaande jaar aanlyn by www.su.ac.za aansoek. Aansoeke vir voornemende internasionale studente sluit op 31 Augustus.


Duur van program

Die program strek oor ’n minimum van twee jaar.


Programbeskrywing

Hierdie gestruktureerde program word hoofsaaklik deur middel van tegnologie-bemiddelde onderrig en leer, in kombinasie met kursusse op kampus, aangebied. Die program bestaan uit twaalf teoretiese modules en ’n navorsingsopdrag (33% van die totale krediete). As die akademiese jaar oor 45 weke strek, sal jy na verwagting 20 uur per week aan die afhandeling van die program bestee.  ​


Programinhoud

(66% teoretiese modules; 33% navorsingsopdrag) – alle modules is verpligtend

Jaar 1Jaar 2
Die konseptualisering van voedselstelselsDie assessering van voedselsekerheid
Voedselveiligheid, -gevare en -risiko’sOntleding van voedselsekerheidsprojek
Menslike ekonomiese ontwikkelingVoedsel- en voedingsbeleide
Skakels tussen landbou en voeding 
Voedselverwerking en -bewaringNavorsingsopdrag
Inleiding tot epidemiologie 
Makro- en mikrovoedingstowwe en gesondheid 
Funksionele voedselsoorte en GGO’s 
Voedselkettings en verbruikers
 

Let wel: Een tot twee kontaksessies (by die Universiteit Stellenbosch) van een week elk per jaar is verpligtend.