Gids vir CHELSA-lede
Kwalifiserende instansies
Alle universiteite wat lid is van die Committee of Higher Education Libraries of South Africa (CHELSA).
'n CHELSA-toestemmingbrief van die tuisbiblioteek en toepaslike identifikasie word vereis vir toegang en uitleenvoorregte vir akademiese en navorsingspersoneel en magister- en doktorale studente. Dit sluit nie toestemming in om die biblioteek vir studiedoeleindes te gebruik nie.
Toegang
Toegang tot alle biblioteke van die Biblioteek- en Inligtingsdiens is gratis, maar onderworpe aan positiewe identifikasie deur middel van 'n geldige identiteitsdokument (foto-identifikasie is noodsaaklik). Geen eet- of drinkgoed word toegelaat nie. Slegs water in morsvrye houers. Sien Biblioteekure.
Uitleenvoorregte
- Aantal lenings: 6 items
- Uitleenperiode: 14 dae per item
- Hernuwings: 2 per item (binne maksimum hernuwingsperiode van 42 dae) behalwe as iemand anders dit bespreek het.
Hernu aanlyn of doen navraag by 'n personeellid. - Terugbesorging: By Kliëntediens in die US Biblioteek of die uitleentoonbank van enige van die takbiblioteke. Boeke kan terugbesorg word deur dit in die boekposbusse by die biblioteekingange te plaas.
- Boetes en betaling: Slegs SnapScan en EFT betalings word aanvaar.
Boetes vir laat items: R2.00 per item per dag
Boetegrens: R30.00 (Uitleenvoorregte sal opgeskort word wanneer hierdie limiet oorskry is tot op datum wat die boete vereffen is).
Verlore/beskadigde boeke: Vervangingswaarde betaalbaar aan die Biblioteek- en Inligtingsdiens - Bespreek boeke wat uitgeleen is: Gratis en sonder beperking.
Bespreek aanlyn of doen navraag by 'n personeellid. - Uitleenbare materiaal: Alle itemtipes waar POLICY aangedui is as “Loanable"
Dienste
Vind boeke, artikels en ander inligtingsbronne
Gebruik die soekfunksie op die biblioteektuisblad of kies Databasisse of E-tydskrifte vanaf die VIND-spyskaart.
Aanwysings is beskikbaar by Find, access and use information effectively: a step by step guide. Sien Find information.
Dienste beperk tot US-personeel en geregistreerde studente
- Reserwe
- Interbiblioteeklenings
- As gevolg van lisensie-ooreenkomste is toegang tot die elektroniese bronne beperk tot personeel en studente wat tans by die Universiteit Stellenbosch geregistreer is.