Skip to main content

Gids vir besoekers

Besoekers is welkom om die Biblioteek- en Inligtingsdiens se bronne te gebruik op voorwaarde dat die gebruik nie in konflik staan met die Biblioteek- en Inligtingsdiens se primêre verantwoordelikheid teenoor die studente, dosente en ander personeel van die Universiteit nie.

Toegang

Alle biblioteke is toeganklik vir besoekers Maandae tot Vrydae 08:00-16:30.
Toegang is gratis onderhewig aan toepaslike identifikasie​ (foto-identifikasie is noodsaaklik). Geen eet- of drinkgoed word toegelaat nie. Slegs water in morsvrye houers. Sien Biblioteekure.

Leerders kan die US Biblioteek besoek slegs as deel van ‘n groep waar die besoek deur die Biblioteek se Hoof van Bemarking & Kommunikasie gekoördineer is, of in die geselskap van ‘n ouer, maar dan nie om te studeer of om navorsing te doen nie.

Besoekers mag nie die biblioteekspasie as studieruimte gebruik nie.

Geen besoekers word toegelaat gedurende eksamenperiodes, 2 weke voor middeltermyn-eksamens of 3 weke voor einde-van-termyn-eksamen nie, behalwe vir formele CHELSA-leners (nie vir studiedoeleindes nie).

Geen studente van privaat instellings of kolleges word as besoekers toegelaat nie.

Geen besoekers word op Saterdae en na 16:30 op weeksdae toegelaat nie.

Uitleenvoorregte

Doen asseblief aansoek by Kliëntediens in die Universiteit Stellenbosch Biblioteek of die uitleentoonbank van enige van die takbiblioteke.​​ 'n Kopie van jou identiteitsdokument en bewys van adres word vereis.

Die volgende besoekers wat binne 'n radius van 150 km van Stellenbosch woon, mag gratis uitleenvoorregte ontvang:

  • ​​US-pensionarisse​ by enige van die biblioteke
  • Geestelike leiers, slegs by Teologie Biblioteek

Ander besoekers wat binne 'n radius van 150 km van Stellenbosch woon, mag uitleenvoorregte verkry deur 'n lidmaatskap fooi van R330.00 vir 3 maande of R1200.0 per jaar te betaal. Slegs SnapScan en EFT betalings word aanvaar.

Die uitleenvoorregte is:​​

  • Aantal lenings: 3 items
  • Uitleenperiode: 14 dae per item
  • Hernuwings: 2 per item (binne maksimum hernuwingsperiode van 42 dae) behalwe as iemand anders dit bespreek het. 
    Hernu aanlyn of vra 'n personeellid.
    In persoon, doen navraag by Kliëntediens in die US Biblioteek of die uitleentoonbank van enige van die takbiblioteke.
  • Terugbesorging: By Kliëntediens in die US Biblioteek of die uitleentoonbank van enige van die takbiblioteke. Boeke kan terugbesorg word deur dit in die boekposbusse by die biblioteekingange te plaas.
  • Boetes en betaling: Slegs SnapScan en EFT betalings word aanvaar.
    Boetes vir laat items: R1.00 per item per dag
    Boetegrens: R30.00 (uitleenvoorregte word daarna opgeskort)
    Verlore/beskadigde boeke: Vervangingswaarde betaalbaar aan die Biblioteek- en Inligtingsdiens
  • Bespreek boeke wat uitgeleen is: Gratis en sonder beperking. 
    Bespreek aanlyn of vra 'n personeellid.
    In persoon, doen navraag by Kliëntediens in die US Biblioteek of die uitleentoonbank van enige van die takbiblioteke.
  • Uitleenbare materiaal: Alle itemtipes waar POLICY aangedui is as “Loanable"

Dienste

Inligtingsdiens

Basiese inligtingsdienste word aan besoekers verskaf. Dit behels hulp om bronne en inligting, hetsy in papier of elektroniese formaat, self op te spoor. Doen asseblief in die Universiteit Stellenbosch Biblioteek navraag by Kliëntediens of by die uitleentoonbank van enige van die takbiblioteke.

Vind boeke, artikels en ander inligtingsbronne

Gebruik die soekfunksie op die biblioteektuisblad of kies Databasisse of E-tydskrifte vanaf die VIND-spyskaart. 
Aanwysings is beskikbaar by Find, access and use information effectively: a step by step guide. Sien Find information.

Dienste beperk tot personeel en geregistreerde studente

  • Reserwe
  • Interbiblioteeklenings
  • Druk, kopieer en skandeer

Elektroniese bronne

As gevolg van lisensie-ooreenkomste is toegang tot die elektroniese bronne beperk tot studente en personeel wat tans by die Universiteit Stellenbosch geregistreer is.

Besoekers sal slegs die oop toegang inhoud kan sien.​ Sien gedeelte in die How to find open access resources in the library catalogue in die ooptoegangsbronne biblioteekgids.
 

Elektroniese bronne vryelik toeganklik (oop toegang)

Ooptoegansbronne           Die bronne in hierdie biblioteekgids word beskou as Oop Toegang en is vryelik toeganglik. Dit sluit 'n gedeelte in oor hoe om ooptoegangsbronne in die biblioteekkatalogus op te spoor.
SUNDigitalBeelde en foto's van die studentelewe, musiek, literatuur, Die Matie; Vrye Weekblad; Noseweek, ens.
SUNScholar​Artikels, hoofstukke uit boeke, tesisse en proefskrifte, referate deur US-personeel en -studente
SUNScholarDataNavorsingsdata van US-personeel en -studente
SUNJournalsOoptoegangstydskrifte wat deur die Biblioteek gehuisves word
Google ScholarStel gebruikers in staat om digitale en gedrukte kopieë van artikels te vind, hetsy aanlyn of in biblioteke. Sommige digitale kopieë mag vryelik beskikbaar wees.
Google BooksDie wêreld se mees omvattende indeks van volteksboeke
CoreDie wêreld se grootste versameling ooptoegang-navorsingsartikels
The Internet Archive'n Nie-winsgewende biblioteek wat uit miljoene gratis boeke, films, sagteware, musiek, webwerwe, ens. bestaan

 

Ander dienste

Besoekers kan druk, kopieer of skandeer deur die Maties Copy and Print winkel in die Neelsie Studentesentrum te gebruik. Sien Druk, kopieer en skandeer.

Besoekers mag internettoegang vanaf hul eie toerusting met koordlose toegang verkry.
Internet via die Eduroam wêreldwye koordlose netwerkdienste vir die internasionale navorser en onderwysgemeenskap, is toeganklik vir besoekende studente, navorsers en personeel van deelnemende instansies.