Gids vir alumni
Alumni wat vir uitleenvoorregte geregistreer het, is welkom om die Biblioteek- en Inligtingsdiens se bronne te gebruik op voorwaarde dat die gebruik nie in konflik staan met die Biblioteek- en Inligtingsdiens se primêre verantwoordelikheid teenoor die studente, dosente en ander personeel van die Universiteit nie.
Toegang
Alle biblioteke is toeganklik vir alumni. Vir alumni sonder uitleenvoorregte geld die voorwaardes soos uiteengesit in die Gids vir besoekers. Toegang is gratis onderhewig aan toepaslike identifikasie (foto-identifikasie is noodsaaklik). Geen eet- of drinkgoed word toegelaat nie. Slegs water in morsvrye houers. Sien Biblioteekure.
Alumni mag nie die biblioteek as studieruimte gebruik nie.
Uitleenvoorregte
Doen asseblief aanlyn aansoek deur die Alumni-aansoekvorm te voltooi en dit aan Kliëntediens te stuur, of in persoon by Kliëntediens in die US Biblioteek of die uitleentoonbank van enige van die takbiblioteke. 'n Bewys van adres sowel as 'n kopie van u ID word in albei gevalle vereis.
Besonderhede word weeksdae tussen 08:00 en 16:00 op die US alumni-databasis geverifieer. Indien onmiddellike verifikasie nie moontlik is nie, kan dit tot drie dae neem om die aansoek te verwerk.
Uitleenvoorregte aan alumni wat binne 'n radius van 150 km van Stellenbosch woon:
- Lidmaatskapfooi: Slegs SnapScan en EFT betalings word aanvaar.
R130.00 vir 3 maande; R480.00 per jaar - Aantal lenings: 3 items
- Uitleenperiode: 14 dae per item
- Hernuwings: 2 per item (binne maksimum hernuwingsperiode van 42 dae) behalwe as iemand anders dit bespreek het.
Hernu aanlyn of vra 'n personeellid. - Terugbesorging: By Kliëntediens in die US Biblioteek of die uitleentoonbank van enige van die takbiblioteke. Boeke kan terugbesorg word deur dit in die boekposbusse by die biblioteekingange te plaas.
- Boetes en betaling: Slegs SnapScan en EFT betalings word aanvaar.
Items vervaldatum verstryk: R1.00 per item per dag
Boetegrens: R30.00 (Uitleenvoorregte sal opgeskort word wanneer hierdie limiet oorskry is tot op datum wat die boete vereffen is).
Verlore/beskadigde boeke: Vervangingswaarde betaalbaar aan die Biblioteek- en Inligtingsdiens - Bespreek boeke wat uitgeleen is: Gratis en sonder beperking.
Bespreek aanlyn of doen navraag by 'n personeellid. - Uitleenbare materiaal: Alle itemtipes waar POLICY aangedui is as “Loanable"
Dienste
Inligtingsdiens
Basiese inligtingsdienste word aan alumni verskaf. Dit behels hulp om bronne en inligting, hetsy in papier of elektroniese formaat, self op te spoor. Doen asseblief in die Universiteit Stellenbosch Biblioteek navraag by Kliëntediens of by die uitleentoonbank van enige van die takbiblioteke.
Vind boeke, artikels en ander inligtingsbronne
Gebruik die soekfunksie op die biblioteektuisblad of kies Databasisse of E-tydskrifte vanaf die VIND-spyskaart.
Aanwysings is beskikbaar by Find, access and use information effectively: a step by step guide. Sien Find information.
Dienste beperk tot personeel en geregistreerde studente
- Reserwe
- Interbiblioteeklenings
- Druk, kopieer en skandeer
Elektroniese bronne
As gevolg van lisensie-ooreenkomste is toegang tot die elektroniese bronne beperk tot studente en personeel wat tans by die Universiteit Stellenbosch geregistreer is.
Alumni sal slegs die oop toegang inhoud kan sien. Sien gedeelte in die How to find open access resources in the library catalogue in die ooptoegangsbronne biblioteekgids.
Elektroniese bronne vryelik toeganklik (oop toegang)
| Ooptoegangsbronne | Die bronne in hierdie biblioteekgids word beskou as Oop Toegang en is vryelik toeganglik. Dit sluit 'n gedeelte in oor hoe om ooptoegangsbronne in die biblioteekkatalogus op te spoor. |
| SUNDigital | Beelde en foto's van die studentelewe, musiek, literatuur, Die Matie; Vrye Weekblad; Noseweek, ens. |
| SUNScholar | Artikels, hoofstukke uit boeke, tesisse en proefskrifte, referate deur US-personeel en -studente |
| SUNScholarData | Navorsingsdata van US-personeel en -studente |
| SUNJournals | Ooptoegangstydskrifte wat deur die Biblioteek gehuisves word |
| Google Scholar | Stel gebruikers in staat om digitale en gedrukte kopieë van artikels te vind, hetsy aanlyn of in biblioteke. Sommige digitale kopieë mag vryelik beskikbaar wees. |
| Google Books | Die wêreld se mees omvattende indeks van volteksboeke |
| Core | Die wêreld se grootste versameling ooptoegang-navorsingsartikels |
| The Internet Archive | 'n Nie-winsgewende biblioteek wat uit miljoene gratis boeke, films, sagteware, musiek, webwerwe, ens. bestaan |
Ander dienste
Alumni kan druk, kopieer of skandeer deur die Maties Copy and Print winkel in die Neelsie Studentesentrum te gebruik. Sien Druk, kopieer en skandeer.
Alumni mag internettoegang vanaf hul eie toerusting met koordlose toegang verkry.
Internet via die Eduroam wêreldwye koordlose netwerkdienste vir die internasionale navorser en onderwysgemeenskap, is toeganklik vir besoekende studente, navorsers en personeel van deelnemende instansies.