Breadcrumb
Leen en versoek
Om 'n boek te vind en te bespreek
- Vind die besonderhede van die papierkopie van die boek deur jou soekterm in die soekboks in te tik.
- Klik op Checked out at ..... of Available at .....
- Klik op <Sign in> en teken aan as 'n US-geregistreerde gebruiker of besoeker. Sien Aantekenprosedure & hulp.
- Klik op Request.
- Gebruik die spyskaart, kies die biblioteek waar jy die boek wil afhaal en klik op SEND REQUEST.
- Om jou besprekings te sien, gaan na My Library Account.
- Jy sal per e-pos in kennis gestel word sodra die boek beskikbaar is.
- Let wel: 'n Toestemmingsbrief word vereis wanneer materiaal namens iemand anders by die Universiteit Stellenbosch Biblioteek afgehaal word.
Om 'n bespreking te sien of kanselleer
- Teken aan en gaan na My Library Account.
- Klik op REQUESTS en klik CANCEL.
Ander maniere om 'n boek aan te vra
As jy in die biblioteek is, kan jy na 'n personeellid gaan om die boek vir jou te reserveer. Verskaf jou studente- of personeelkaart en die boek se besonderhede, veral die strepieskode.
Personeel en studente kan ook items aanvra via Ask a Librarian of die volgende telefoon-/e-pos kontakbesonderhede: