Besprekings
Universiteit Stellenbosch Biblioteek
Carnegie Navorsingsruimte Seminaarkamers
Seminaarkamers (groepbesprekings) in die Carnegie Navorsingsruimte van die Universiteit Stellenbosch Biblioteek kan gratis bespreek word deur magister- en doktorale studente asook US-akademiese personeel en -navorsers gedurende Maandag-Vrydag tussen 8:00-16:00.
Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Biblioteek
Videokonferensiekamer
'n Gratis videokonferensiediens maak dit vir nagraadse studente en navorsers van die Universiteit Stellenbosch moontlik om met eweknieë by ander organisasies, nasionaal en internasionaal, saam te werk. Akademiese en administratiewe personeel mag die videokonferensiekamer gratis gebruik.