Skip to main content

Dokumentasiesentrum vir Musiek (DOMUS)

Die Dokumentasiesentrum vir Musiek (DOMUS) is die Spesiale Versamelings-afdeling van die Musiekbiblioteek wat geleë is in die Konservatorium gebou op die Stellenbosch-kampus. 

Ons bevat 'n aansienlike hoeveelheid seldsame en waardevolle versamelings van musieknavorsers, musici, musiekinstellings en -verenigings. Hierdie versamelings bestaan uit verskeie formate soos boeke, dokumente, foto's, manuskripte, klankopnames en ander materiaal.

Die doel van DOMUS is hoofsaaklik die versameling en bewaring van skaars materiale verteenwoordigend van die Suid-Afrikaanse demografie en om toegang te verleen tot navorsing op hierdie belangrike versamelings.
 
Dit word bekom deur middel van bemakings en skenkings en is meestal van Suid-Afrikaanse belang, ook in 'n internasionale konteks.

Openingsure

Maandag - Vrydag: 08:00 - 16:30
Saterdag: Gesluit

Besoek ons


Ons Versamelings


Ons huisves byna 70 versamelings van Suid-Afrikaanse komponiste, uitvoerende kunstenaars, navorsers en musiekverenigings.

Behalwe vir die groot versamelings bladmusiek, klankopnames en boeke, besit die biblioteek 'n seldsame en unieke versameling musiekmanuskripte en artefakte, waarvan sommige uit die sestiende eeu dateer.
 



Oor ons versamelings

  • Sien Versamelings vir 'n oorsig en algemene opsommings van ons versamelings. Toegang tot versamelingsinligting vind plaas via vindhulpmiddels en voorlopige lyste.
  • Ons Vindlyste verskaf volledige beskrywings van individuele versamelings en items binne versamelings.
  • Voorlopige sorteringslyste: basiese inligting oor die inhoud van versamelings
  • SUNDigital​ (digitale versameling)


Gebruik die versamelings

  • Geen materiaal mag uitgeleen word nie.
  • Reproduksie van geselekteerde materiaal is moontlik, maar onderhewig aan kopiereg, die waarde, ouderdom en fisiese toestand van die materiaal. Doen asb. navraag by die personeellid aan diens.
  • Digitale kameras mag binne die afdeling gebruik word.
  • DOMUS-personeel sal die aangevraagde items uit die versamelings gaan haal.
     

Ons bedien

  • die dosente, personeel, navorsers en studente van die Departement Musiek/die Konservatorium en Africa Open Institute
  • ander geregistreerde dosente, personeel, navorsers en studente van die Universiteit Stellenbosch
  • nie-US geafillieerde navorsers wat DOMUS-versamelings wil raadpleeg
  • lede van die publiek wat DOMUS-versamelings wil raadpleeg.
     

Algemene dienste

Ons bied

  • inligtingsdienste
  • beskikbaarstelling van oorspronklike manuskripte en ander materiaal in DOMUS

 

Ons help

  • kliënte met bibliografiese soektogte
  • navorsers wat werk op DOMUS-versamelings

Ons verskaf

  • basiese opleiding in die gebruik van argivale bronne

     

     

Kontak ons

Spesiale Versamelings-bibliotekaris
Dr. Santie de Jongh
+27 21 808 2597