Breadcrumb
Spesiale Versamelings
Dienste
- Inligtingsdienste, insluitend die beskikbaarstelling van oorspronklike manuskripte en ander materiaal in die drie onderafdelings, hulp aan kliënte met bibliografiese soektogte en algemene hulp aan navorsers wat in hierdie afdeling werk, en basiese opleiding in die gebruik van argivale bronne.
- Uitstallings, inligtingsessies en begeleide toere van die afdeling word vir studentegroepe en besoekers aangebied.
- Digitale skandering van beeldmateriaal in die versamelings, asook beperkte fotokopiëring vir akademiese doeleindes, is vir kliënte beskikbaar.
Gebruik ons versamelings
- Spesiale Versamelings is toeganklik vir studente, personeel en ander lede van die Universiteit Stellenbosch gemeenskap, asook vir lede van die publiek, vir navorsingsdoeleindes en besoeke.
- Die afdeling is nie beskikbaar as 'n studieruimte nie.
- Geen materiaal mag uit enige van die drie onderafdelings geleen word nie.
- Kliënte moet materiaal aanvrae by die personeellid aan diens, wat dit vir die kliënt sal gaan haal.
- Kliënte mag waardevolle materiaal onder toesig van die personeellid aan diens gebruik en mag in sommige gevalle versoek word om die materiaal op 'n spesifieke manier te hanteer, bv. deur katoenhandskoene te dra.
- Reproduksie van geselekteerde materiaal word toegelaat onderhewig aan die waarde, ouderdom en fisiese toestand van die materiaal. Vra asb. die personeellid aan diens of reproduksie van 'n bron wel toelaatbaar is.
- Digitale kameras mag binne die afdeling gebruik word.
Ons versamelings
Africana
Africana bestaan uit 'n versameling waardevolle boeke, pamflette, kaarte, prentwerke en ander items oor Afrika suid van die Sahara, met spesifieke fokus op die geskiedenis van Suider-Afrika.
Beskermde Versamelings
’n Versameling waardevolle en seldsame boeke oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe – ’n skatkis van rariteite van die drukpers.
Dokumentesentrum
Ons bewaar oorspronklike dokumentversamelings wat die Suid-Afrikaanse verlede weerspieël.
Kontak ons
Africana, Beskermde Versameling, Dokumentesentrum
Me Patricia Khati
+27 21 808 4012
Africana Dienstoonbank
+27 21 808 4887