Skip to main content

Inligting oor ons versamelings

Africana

Die Versameling

  • Africana-boeke word meestal geassosieer met Afrika suid van die Sahara en sy geskiedenis.
  • Dié onderafdeling bewaar materiaal wat vanaf die 17de eeu dateer, maar nuwe materiaal wat aktuele geskiedenis reflekteer, word ook op ’n gereelde basis aangeskaf.
  • Die omvattende Africana-versameling wat vandag gehuisves word, is grootliks gebaseer op die unieke en waardevolle Hugh Solomon-boekery wat in 1957 aan die Universiteit Stellenbosch bemaak is. Hugh Ross Solomon (1876-1956) was ’n Johannesburgse prokureur wat vir baie jare die Africana-versameling wat hy van sy vader, Sir Edward Philip Solomon geërf het, aangevul het.
     

“When we speak of Africana we mean to imply all those objects large and small, natural and man-made, that relate to the history of Africa and of Southern Africa in particular … More specifically, we think of Africana in terms of human settlement in the sub-continent – but always in terms of history and the living past.” (Adventures in Africana by Douglas Varley. Cape Town : University of Cape Town, 1949).
 

Fokusareas

  • 18de- en 19de-eeuse reisverhale en ander vroeë blikke op Afrika.
  • Kaarte van Afrika voor 1860.
  • Alle aspekte van Suid-Afrikaanse geskiedenis.
  • Die geskiedenis van Stellenbosch.
  • Die Suid-Afrikaanse Oorlog 1899-1902 (Anglo-Boereoorlog).
  • Suid-Afrikaanse kuns en kunstenaars.

Beskermde Versamelings

Die Versameling

  • Boeke wat besonders en uniek in terme van seldsaamheid, ouderdom, waarde, fisiese voorkoms en onderwerp is, word hier versamel.
  • Die onderafdeling bewaar boeke wat dateer vanaf die 15de eeu tot vandag, oor ’n verskeidenheid onderwerpe, insluitende kuns, wetenskap, godsdiens en geskiedenis.
  • Die Beskermde Versameling is in die laat sestigerjare gestig om waardevolle kunsboeke en ander seldsame materiaal veilig te bewaar.
  • Met die Universiteit se aankoop van die omvattende biblioteek van wyle kommandeur Michael Scott, is die onderafdeling vir seldsame boeke uitgebrei met talle eerste uitgawes, boeke in leer gebind en ander waardevolle materiaal.
     

Fokusareas

  • Seldsame bindwerk
  • Antikwariese boeke (verskeie onderwerpe)
  • Kuns deur die eeue, insluitend ’n stripkunsversameling
  • Eerste en genommerde drukke van werke binne die Engelse letterkunde
  • Die Kruger-versameling eerste drukke van Afrikaanse letterkunde van die 20ste eeu
  • Seldsame kinderboeke

Dokumentesentrum

Die Versameling

  • Meer as 400 versamelings van individue en instansies.
  • Die Dokumentesentrum, in samewerking met die Senior Bestuur van die Biblioteek- en Inligtingsdiens, oorweeg skenkings van oorspronklike manuskripmateriaal met navorsingswaarde, deur individue en instansies.
  • In die geval van skenkings word ’n skenkingsakte tussen die skenker en die Dokumentesentrum onderteken.
  • Daar word gepoog om die versameling toepaslik vir hedendaagse akademiese navorsing te hou en werke binne die onderafdeling se fokusareas, wat bewaringswaardig is, word versamel.
  • Dokumentversamelings word sorteer, volledig beskryf en geïndekseer en vindmiddels vir die versamelings (inventarisse en katalogi) is beskikbaar binne die afdeling.
     

Fokusareas

  • Afrikaanse taal en letterkunde
  • Suid-Afrikaanse kultuurgeskiedenis
  • Suid-Afrikaanse politieke geskiedenis
  • Joernalistiek en die Suid-Afrikaanse Pers
  • Die geskiedenis van die Universiteit Stellenbosch. Sien US Argief
  • Die Suid-Afrikaanse Oorlog 1899-1902 (Anglo-Boereoorlog)
  • Suid-Afrikaanse kuns en kunstenaars