Breadcrumb
Dokumentasiesentrum vir Musiek (DOMUS)
Dienste
- Opsommings van versamelings: algemene opsommings van versamelings
- Vindlyste: volledige beskrywings van individuele versamelings en items binne versamelings. Indien vindlyste nie beskikbaar is nie kan ons gekontak word vir voorsorteringslyste soos benodig.
- Voorlopige sorteringslyste: basiese inligting oor die inhoud van versamelings
- SUNDigital (digitale versameling)
Gebruik die versamelings
- Geen materiaal mag uitgeleen word nie.
- Reproduksie van geselekteerde materiaal is moontlik, maar onderhewig aan kopiereg, die waarde, ouderdom en fisiese toestand van die materiaal. Doen asb. navraag by die personeellid aan diens.
- Digitale kameras mag binne die afdeling gebruik word.
- DOMUS-personeel sal die aangevraagde items uit die versamelings gaan haal.
Ons bedien
- die dosente, personeel, navorsers en studente van die Departement Musiek/die Konservatorium en Africa Open Institute
- ander geregistreerde dosente, personeel, navorsers en studente van die Universiteit Stellenbosch
- nie-US geafillieerde navorsers wat DOMUS-versamelings wil raadpleeg
- lede van die publiek wat DOMUS-versamelings wil raadpleeg.
Algemene dienste
Ons bied
- inligtingsdienste
- beskikbaarstelling van oorspronklike manuskripte en ander materiaal in DOMUS
Ons help
- kliënte met bibliografiese soektogte
- navorsers wat werk op DOMUS-versamelings
Ons verskaf
- basiese opleiding in die gebruik van argivale bronne