Skip to main content

Deel en versprei navorsingsdata

Deel van data teenoor verspreiding van data

Die deel van data verwys na die private eweknie-tot-eweknie beskikbaarstelling van data tussen navorsers en ander partye. Die verspreiding van navorsingsdata verwys na die openbare beskikbaarstelling van navorsingsdata in 'n openbare omgewing.​

Hoe om data te deel

Navorsingsdata kan gedeel word binne virtuele navorsingsomgewings soos Universiteit Stellenbosch se Microsoft Teams of toepassings vir lêeroordrag soos Filesender.

Die publikasie van data

Data kan op verskeie maniere gepubliseer word:

  • In akademiese joernale
    Sommige akademiese uitgewers vereis dat navorsers supplementêre ondersteunende navorsingsdata saam met hul artikels indien.
  • In datajoernale
    Navorsingsdata kan in die vorm van alleenstaande data artikels in geselekteerde datajoernale gepubliseer word.​
  • Deur middel van digitale bewaarplekke
    Navorsers kan navorsingsdata deur middel van verskeie tipes digitale bewaarplekke toeganklik maak. 'n Uitgebreide lys van bestaande bewaarplekke is beskikbaar op die Registry of Research Data Repositories webtuiste. 'n Hulpmiddel bekend as Repository Finder kan ook gebruik word om digitale databewaarplekke te identifiseer wat voldoen aan aanvaarde praktyke en beginsels soos die FAIR Data Principles.​