Koordlose toegang
Hoe kry ek toegang tot die internet op kampus?Die Universiteit Stellenbosch bied kampus-WiFi hoofsaaklik deur die Eduroam-netwerk, wat die versteknetwerk vir studente en personeel is, en vereis dat toestelle via die RegisterMe!-portaal geregistreer word. Eduroam is die beveiligde toegangsdiens vir wêreldwye swerwing wat vir die internasionale navorsings- en onderwysgemeenskap ontwikkel is. Besoekers kan hul aantekenbesonderhede van hul tuisinstansie op Eduroam gebruik.
Hoe om via die WiFi vanaf jou skootrekenaar te druk
Jy sal op kampus vanaf jou skootrekenaar via die Eduroam-koordlose netwerk na enige van die Secure Pull Print-drukkers in die biblioteke kan druk deur jou studente-/personeelkaart te gebruik. Verwys na die Gidse vir Safecom-drukkerinstellings.
WiFi-verbindingsproblemeDie aanvanklike verbinding neem ’n paar minute; wag asseblief en probeer weer. As jy steeds probleme ondervind om aan die kampus se koordlose toegangspunte te koppel, raadpleeg die selfhelpgids vir WiFi-verbinding.
Benodig hulp?
Besoek die IT HUB-inloopsentrum – Maandag tot Vrydag van 08:00 tot 16:30 (openbare vakansiedae uitgesluit) of registreer ’n diensversoek op servicedesk.sun.ac.za.