Skip to main content

Afkampus- elektroniese toegang

Toegang na elektroniese bronne waarvoor die Biblioteek betaal


Alle elektroniese bronne wat deur die Biblioteek- en Inligtingdiens aangebeid word, is beskikbaar op die biblioteek se webtuiste.

As gevolg van lisensie-ooreenkomste is toegang tot die elektroniese bronne waarop die biblioteek inteken beperk tot studente en personeel wat tans by die Universiteit Stellenbosch geregistreer is. Dit is daarom belangrik dat gebruikers hulself as wettige US-gebruikers identifiseer voordat hul toegang tot 'n hulpbron sal kry.

Soek biblioteekbronne op die biblioteek se webtuiste of kies Alle biblioteekbronne, Databasisse of E-joernale vanaf die VIND-spyskaart. Wanneer jy afkampus is en gevra word om aan te teken (Sign-On), teken in met jou US-gebruikersnaam (nie e-pos adres nie) en wagwoord.

IT Help

Rapporteer jou e-bronne aantekenprobleem aan Biblioteek IT Dienste

student-working-off-campus

US elektroniese aansoekprosedure


Indien jy nie 'n geregistreerde personeellid of student is by die Universiteit Stellenbosch nie met jou eie US-gebruikersnaam en unieke wagwoord, volg die US e-aansoekprosedure vir ​​​toegang tot ​​elektroniese dienste op die US kampus (en afkampus).
 

Nagraadse studente

Doen asseblief aansoek om toelating as nagraadse student op die Universiteit se SUNStudent-aansoekportaal​. Hierdie proses word deur die Universiteit se Toelatingskantoor hanteer. 
Sien die gids:  How to apply for postgraduate studies

Navrae oor jou e-aansoek kan gerig word aan die US Kliëntediens​.  

Nadat bogenoemde prosedure afgehandel is, behoort jy suksesvolle toegang te verkry tot die elektroniese bronne en jou biblioteekrekord, om jou boeke aanlyn te hernu, op die biblioteek se webtuiste met jou eie US-gebruikersnaam en -wagwoord.

Personeellid/eksterne werker

Indien jy as US personeellid / eksterne werker nie 'n eie US-gebruikersnaam en -wagwoord het nie, kontak jou departementele administratiewe personeellid of -sekretaresse om 'n Identiteitsrekord op SUNid te voltooi en 'n US-gebruikersnaam te skep, wat deur die Afdeling Informasietegnologie van die Universiteit hanteer word.​

Navrae omtrent jou US-gebruikersnaam kan gerig word aan jou departementele sekretaresse.

Nadat bogenoemde prosedure afgehandel is, behoort jy suksesvolle toegang te verkry tot die elektroniese bronne en jou biblioteekrekord, om jou boeke aanlyn te hernu, op die biblioteek se webtuiste met jou eie US-gebruikersnaam en -wagwoord.

Pensionaris

As gevolg van lisensie-ooreenkomste is toegang tot die elektroniese bronne waarop die biblioteek inteken beperk tot studente en personeel wat tans by die Universiteit Stellenbosch geregistreer is. 
Sien Gids vir pensioenarisse/besoekers​.​

Alumni

As gevolg van lisensie-ooreenkomste is toegang tot die elektroniese bronne waarop die biblioteek inteken beperk tot studente en personeel wat tans by die Universiteit Stellenbosch geregistreer is. 
Sien Gids vir alumni.