Afkampus- elektroniese toegang
As gevolg van lisensieooreenkomste is toegang tot sommige elektroniese hulpbronne beperk tot studente en personeel wat tans by die Universiteit Stellenbosch geregistreer is.
Alle elektroniese bronne wat deur die Biblioteek- en Inligtingdiens aangebied word, is beskikbaar op die biblioteek se webtuiste. Soek biblioteekbronne op die biblioteek se webtuiste of klik Databasisse of E-joernale vanaf die VIND-spyskaart.
Wanneer jy afkampus is en gevra word om aan te teken (Sign-On), teken in met jou US-gebruikersnaam (NIE e-pos adres nie) en wagwoord.
IT Hulp?
Rapporteer jou biblioteek e-aantekenprobleem aan: Biblioteek IT Dienste
US elektroniese aansoekprosedure
Indien jy nie 'n geregistreerde personeellid of student is by die Universiteit Stellenbosch nie met jou eie US-gebruikersnaam en unieke wagwoord, volg die US e-aansoekprosedure vir toegang tot elektroniese dienste op die US kampus (en afkampus).
Nagraadse studente
Enige voornemende nagraadse student wat nie 'n geregistreerde nagraadse Universiteit Stellenbosch-student met hul eie kampusgebruikersnaam en wagwoord is nie, moet die US se gebruikers' elektroniese aansoekproses volg vir toegang tot elektroniese dienste (insluitend toegang tot die biblioteek se e-bronne) op die universiteitskampus (en vanaf kampus).
Doen asseblief aansoek om toelating as nagraadse student op die Universiteit se SUNStudent-aansoekportaal. Hierdie proses word deur die Universiteit se Toelatingskantoor hanteer.
Sien die gids: How to apply for postgraduate studies.
Navrae oor jou e-aansoek kan gerig word aan die US Kliëntediens.
Nadat bogenoemde prosedure afgehandel is, behoort jy suksesvolle toegang te verkry tot die elektroniese bronne en jou biblioteekrekord, om jou boeke aanlyn te hernu, op die biblioteek se webtuiste met jou eie US-gebruikersnaam (NIE e-pos adres nie) en -wagwoord.
Personeellid/eksterne werker
Indien jy as US personeellid/eksterne werker nie 'n eie US-gebruikersnaam en -wagwoord het nie, kontak jou departementele administratiewe personeellid of -sekretaresse om 'n Identiteitsrekord op SUNid te voltooi en 'n US-gebruikersnaam te skep, wat deur die Afdeling Informasietegnologie van die Universiteit hanteer word.
Navrae omtrent jou US-gebruikersnaam kan gerig word aan jou departementele sekretaresse.
Nadat bogenoemde prosedure afgehandel is, behoort jy suksesvolle toegang te verkry tot die elektroniese bronne en jou biblioteekrekord, om jou boeke aanlyn te hernu, op die biblioteek se webtuiste met jou eie US-gebruikersnaam (NIE e-pos adres nie) en -wagwoord.
Pensionaris
As gevolg van lisensie-ooreenkomste is toegang tot die elektroniese bronne waarop die biblioteek inteken beperk tot studente en personeel wat tans by die Universiteit Stellenbosch geregistreer is.
Sien Gids vir pensioenarisse/besoekers.
Alumni
As gevolg van lisensie-ooreenkomste is toegang tot die elektroniese bronne waarop die biblioteek inteken beperk tot studente en personeel wat tans by die Universiteit Stellenbosch geregistreer is.
Sien Gids vir alumni.