SciMathUS vier die sukses van die 2016-klas
Vyf studente in die huidige SciMathUS-jaargroep is tydens die onlangse SciMathUS middagete jaareindfunksie by STIAS vir hul prestasie in die verskillende vakke beloon.
SciMathUS is 'n universiteitvoorbereidingsprogram. Dit bied studente wat reeds Graad 12 geslaag, het, maar met resultate nie goed genoeg om hoër onderwys te betree nie, 'n tweede kans om dit te doen.
SciMathUS bied gehalte-onderrig in Wiskunde en Fisiese Wetenskappe OF Wiskunde en Inleiding tot Finansiële Rekeningkunde en Inleiding tot Ekonomie. Met nuwe verbeterde Graad 12-uitslae in Wiskunde en Fisiese Wetenskappe, mag hulle heraansoek doen.
Die inleidende kursusse tot Rekeningkunde en Ekonomie word deur US aangebied en geassesseer.
Studente doen ook 'n inleidende kursus tot universiteit Wiskunde nadat hulle die NSS-eksamen in November afgelê het.
In die program kry studente onderrig in Akademiese - en Rekenaargeletterdheid. Hulle leer vaardighede aan wat nodig is om suksesvol aan 'n universiteit te studeer. Dit sluit in om te leer hoe om verantwoordelikheid vir 'n mens se eie leer te aanvaar.
Om vir die program oorweeg te word, moet aansoekers
- Graad 12 die afgelope twee jaar geslaag het (dit nou skryf of reeds in 2015 geskryf het);
- Met 'n gemiddeld van minstens 60% (Lewens oriëntering uitgesluit);
- minstens vier vakke uit die groep aangewese vakke vir universiteitstoelating geneem het; en
- 'n minimum van 50% in Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) behaal het.
- Vir die Wiskunde- en Wetenskapopsie moet aansoekers ten minste 45% in Wiskunde EN 45% in Fisiese Wetenskappe behaal het. Vir die Wiskunde- en Rekeningkunde-opsie is die vereiste 'n minimum van 45% in Wiskunde.Voldoening aan die bogenoemde kriteria waarborg nie seleksie nie. Alle aansoeke word op meriete oorweeg. 'n Keuringskomitee kies die mees geskikte kandidate. Die program akkommodeer 100 studente per jaar.Die aanlyn aansoekproses vir die 2017-inname open op 7 November 2016 en sluit op 20 Januarie 2017. Die aanlyn skakel sal op die webwerf en die program se Facebook-blad bekend gemaak word.Die program word in lyn met die diversiteitsdoelwit van US aangebied. Voorkeur word gegee aan studente uit opvoedkundig benadeelde omstandighede.
Hier is van links na regs met saam met die programbestuurder, me Nokwanda Siyengo, is die toppresteerders, Kevin Naude (beste prestasie in Fisiese Wetenskappe en Akademiese Geletterdheid), Shelaine Hartnick (Rekenaargeletterdheid), prof Arnold Schoonwinkel, Viserektor, onderrig en leer aan die US, Jabulile Mabaso (Inleiding tot Ekonomie), Natalie Mashingaidze (Rekeningkunde), Kayleen van Harte (Wiskunde) en me Thandi Nkonzo, Bestuurder Maatskaplike en Ekonomiese Ontwikkeling: Eskom Development Foundation, een van die befondsers van die program.