3de Jaarlikse Openbare Lesing oor Stedelike Reg & Volhoubaarheidsregeerkunde
Kontakbesonderhede
Professor Anél du Plessis, Stedelike Reg & Volhoubaarheidsregeerkunde Leerstoel, Professor Juanita Pienaar (Waarnemende Dekaan van die Fakulteit Regsgeleerdheid) nooi u vriendelik uit na die 3de Jaarlikse Openbare Lesing oor Stedelike Reg & Volhoubaarheidsregeerkunde. Vanjaar se spreker is Professor Tracy-Lynn Field, Claude Leon Chair in Earth Justice and Stewardship and Director, Mandela Institute, University of the Witwatersrand.Claude Leon-leerstoel in Aardgeregtigheid en Rentmeesterskap & Direkteur van die Mandela-instituut, Universiteit van die Witwatersrand. Professor field gaan die Suid-Afrikaanse konsep van die "regverdige oorgang" ("just transition") bespreek, wat die hoop op 'n regverdiger en meer volhoubare toekoms vir almal inhou. In hierdie lesing verken Professor Field die etiese, morele en regs-standpunte wat kan help om die angs en onsekerhede van oorweldigende verandering te navigeer, en wat ons geankerd kan hou aan die belofte van 'n regverdige oorgang.
Klik asseblief hier om teen 7 Mei 2026 te RSVP.