Polimeerwetenskap
Studente wat vir die graad BSc Honneurs in Polimeerwetenskap wil registreer, moet hulself eers vergewis van die minimum toelatingsvereistes (Jaarboek). Let daarop dat die sluitingsdatum vir aansoeke normaalweg 31 Oktober van die jaar is wat die jaar voorafgaan waarin die kursus begin.
Die BSc Honneurskursus in Polimeerwetenskap is 'n voltydse eenjaarkursus wat in Januarie van elke jaar begin. Die kursus bestaan uit 7 modules. Hiervan is 5 teoretiese kursusse, 1 is 'n praktiese tegniekkursus en die laaste is 'n navorsingsprojek. Vier van die kursusse word in die eerste semester geneem, met die ander drie in die tweede semester.
'n Uiteensetting van die kursusse word hieronder gegee.
Blits skakels
Eerste semester modules
Alle honneursstudente binne die Departement Chemie en Polimeerwetenskap (Chemiestudente en Polimeerwetenskapstudente) moet die Analitiese Tegnieke-kursus voltooi en slaag, wat die grondbeginsels van spektroskopie (KMR, FTIR, MS) en chromatografie insluit. Hierdie kursus duur 5 weke en bestaan uit ongeveer 40 kontakure (lesings). Polimeerwetenskap 712 en 724 begin na die Analitiese Tegnieke-kursus. Hierdie kursusse word gelyktydig aangebied. Elk van die twee kursusse bestaan uit 40 kontakure lesings. 'n Lys van tipiese onderwerpe wat gedek word, word hieronder gegee. Onderwerpe kan van jaar tot jaar verskil.
Polimeerwetenskap 712: Gevorderde Analitiese Polimeerwetenskap
- Inleiding en oorsig
- Karakterisering en analise van polimeeroppervlaktes en mikroskopie
- Chromatografie as 'n instrument vir polimeeranalise
- Massaspektrometrie van Polimere
- Termiese analise
- Spektroskopiese analise
- Analise van poliolefiene
- Morfologie en fisiese eienskappe
Polimeerwetenskap 724: Polimeerchemie
- Inleiding tot polimere as materiale; toepassings en die omvang van die wetenskap
- Polimerisasietoestande en -metodes
- Vrye radikaal polimerisasiechemie en -kinetika
- Beheerde radikaal polimerisasiereaksies en die toepassing op komplekse polimeerargitekture
- Stapsgewyse polimerisasie: chemie, kinetika en polimere
- Katalise: oorgangsmetaalkatalisators, prosesse en polimere
- Ioniese polimerisasietegnieke en polimere
- Polimeerdegradasie en -stabilisering
- Industriële toepassings van polimeersintese: Oorsig van
Polimeerwetenskap 713: Praktiese tegnieke
Hierdie is 'n 5-week kursus waartydens studente praktiese tegnieke sal bemeester wat relevant is tot die veld van sintetiese polimeerchemie. Studente moet ongeveer 16 - 20 uur per week in die laboratorium deurbring. Hierdie kursus oorvleuel met die Polimeerwetenskap 714 en 724 kursusse.
Tweede semester modules
Polimeerwetenskap 744: Fisiese Polimeerwetenskap
Die volgende onderwerpe word gedek. Die kursus bestaan uit ongeveer 20 2-uur lesings (40 kontakure)
- Polimere in oplossing
- Elastisiteit en plastisiteit
- Viskeuze vloei
- Rubber elastisiteit
- Fase-oorgange, termiese oorgange
- Viskeuze vloei en vervorming en breukverskynsels in die smelt
- Frektuur en faling
- Korttermyn- en langtermyn-effekte
- Moegheid, omgewingseffekte en impak-eienskappe
- Die teorie van partikel- en veselversterking
- Polimeerkristallisasie
- Blok kopolimeer fasegedrag in grootmaat en in selektiewe
Polimeerwetenskap 754: Algemene Polimeerwetenskap & spesiale onderwerpe
Die volgende onderwerpe is voorbeelde van wat gedek kan word. Hierdie kursus loop gelyktydig met Polimeerwetenskap 744. Die kursus behels ongeveer 40 kontakure.
- Grondstowwe en grondstofproduksie in Suid-Afrika
- Verwerking: samestelling, ekstrusie, spuitgietwerk en blaasgietwerk
- Elastomeertegnologie
- Polimeerprodukte: Kleefmiddels, verf, skuim, industriële tekstiele
- Polimeermengsels en komposiete
- Nanokomposiete
- Biomediese toepassings van polimere
- Bogenoemde module behels ook besoeke aan plaaslike nywerhede
Polimeerwetenskap 714: Navorsingsprojek
Elke student sal gedurende die tweede semester 'n navorsingsprojek voltooi. Studente sal aan die einde van die eerste semester 'n lys van navorsingsonderwerpe kry om van te kies. Navorsing sal onder toesig van 'n akademiese personeellid onderneem word, met mentorskap van senior nagraadse studente. Elke honneursstudent sal dus vir die tweede semester aan 'n spesifieke navorsingslaboratorium toegewys word. Na voltooiing van die projek sal elke student versoek word om sy/haar resultate aan die