Skip to main content

Klavierafdeling


Dosente - Western Art Music

Prof Nina Schumann
Mnr Ramon Alexander
Ms Sue Patterson-Jones

Dosente - Jazz

Mnr Ramon Alexander

Klavierafdeling

Wie is ons?

Die Universiteit Stellenbosch se Klavierafdeling deel in ’n ryk geskiedenis van uitnemendheid, met alumni wat nasionaal en internasionaal sleutelposisies beklee. Klavieropleiding ontsluit veelsydige vaardighede wat van toepassing is op alle fasette van musiek. Die klavierafdeling is trots op die uitvoerende spesialiseringskandidate wat ons aflewer, maar ook net so trots op ons veelsydige opleiding wat vir pianiste van alle musiekspesialiseringsrigtings van waarde is. Studente kan opleiding kry in Westerse Kunsmusiek sowel as Jazz. Die Klavierafdeling is trots op ’n nuwe nisarea wat die behoefte van klassiek-opgeleide pianiste aanspreek om gelyktydig ook in Jazz opleiding te ontvang.

Klavierstudente geniet opleiding in solo-uitvoering, begeleiding en kamermusiek, asook opsies vir Jazz-solo en ensemblespel. Hierdie praktiese opleiding word aangevul deur deeglike repertoriumstudies en klaviermetodologie-modules.

By die Universiteit Stellenbosch kan studente klavier as eerste of tweede instrument neem. Jy kan ook kies om Klassieke Klavier met Jazz Klavier as tweede instrument te doen (of andersom). Studente word ondersteun om hul studies volgens hul beplande loopbaankeuses of belangstellings aan te pas, en baat by ’n deeglike, afgeronde opleiding wat hulle goed voorberei vir ’n toekomstige loopbaan. Eerste instrument-klavierstudies vorm deurgaans deel van die opleiding, ongeag die gekose spesialiseringsrigting (uitvoerend, musiekopvoeding, musikologie, musiektegnologie of komposisie). Indien jy in uitvoerende kuns spesialiseer, kan jy kies tussen Solo, Begeleiding of Kamermusiek (met permutasies van al drie velde in die algehele opleiding), of in Jazz spesialiseer (met solo- en ensemble-opleiding).

Min instellings kan die vlak van plaaslike en internasionale blootstelling bied wat studente in ons departement geniet. Die Klavierafdeling bied die Stellenbosch Internasionale Klaviersimposium aan, terwyl die Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees addisionele netwerkgeleenthede aan studente bied op ’n nasionale en internasionale skaal. Hierdie konneksies lei dikwels tot waardevolle loopbaangeleenthede. Studente geniet verder toegang tot meer as 40 konserte per jaar as deel van die Endler-konsertreeks, asook uitvoerings deur personeel en medestudente.

Die klavier kan ’n eensame instrument wees, en die afdeling is veral trots op die sin van kameraadskap wat onder studente gekweek word. Hierdie positiewe interaksie bevorder portuuropvoeding, terwyl personeel daarop fokus om elke individu se potensiaal te ontwikkel.


Piano Division

Wat kan ek studeer?

Voorgraads

  • BMus: Uitvoerende Kuns spesialisering: (solo, kamermusiek, of begeleiding), Jazz Spesialisering,  of eerste/tweede instrument klavier (Jazz of Klassiek) met Musiekopvoeding, Musikologie, Komposisie of Musiektegnologie as spesialisering). 
  • BAMus: klavier  eerste instrument (Klassiek of Jazz) met ’n kompliment van bykomstigge vakke soos begeleiding en onderwysmetodiek, gekombineer met ’n seleksie BA-vakke uit die Fakulteit.  
  • Diploma: Uitvoerende Kuns spesialisering: (solo, kamermusiek, of begeleiding), Jazz Spesialisering. Eerste en of tweede instrument klavier (Jazz of Klassiek). Tweede instrument kan ook enige ander orkesinstrument insluit.
  • Advanced Diploma: volg op die Diploma met spesialisering in Uitvoerende kuns.  Dit artikuleer na nagraadse studies toe. 
  • Higher Certificate in Music: Klavier eerste instrument studies in Klassiek of Jazz.

Nagraads

  • BMusHons and MMus: Spesialisering in Uitvoerende Kuns (Solo, Begeleiding of Kamermusiek)
  • PhD: Praktykgebaseerde navorsing in ’n Klavier uitvoerende veld. 

Fasiliteite

Die derde vloer van die Konservatorium bied als met klavier te doen: van oefenkamers met vleuel- of regop klaviere tot dosente se studios.  Gedurende die studietydperk kry studente die geleentheid om in die Endler en Fismersaal te oefen wat met uitstekende konsertintrumente toegerus is

Area-spesifieke projekte

Stellenbosch Internationale Klaviersimposium

Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees