Skip to main content

PhD Joernalistiek

Doktorale studievlak met spesialisering in Joernalistiek, Media- of Kommunikasiestudies

Aansoekers vir die doktorale (PhD) program in die Departement Joernalistiek moet reeds 'n Meestersgraad in 'n joernalistiek-, media- of kommunikasiestudieveld voltooi het met 'n minimum van 65% gemiddeld.

Aansoekers kan hulself vertroud maak met navorsingsgebiede van potensiële studieleiers deur hul personeelprofiele te bestudeer.

Programkoördineerder

GB.jpg
Prof Gabriël Botma
Medeprofessor
Kantoor: +27 21 808 3488

Programbesonderhede

Toelatings- en keuringsvereistes

Die toelatingsvereistes en aansoekproses vir ons PhD-program word hieronder opgesom. Let asseblief daarop dat aansoeke op 1 Junie vir die volgende jaar sluit.

 

Enige algemene navrae kan gerig word aan [email protected]

PhD-application-procedure-Department-of-Journalism-SU.jpg

Kursusinhoud

Sodra 'n kandidaat se volledige navorsingsvoorstel op fakulteitsvlak aanvaar is, kan hulle registreer vir die 360-krediet PhD-program in die Departement Joernalistiek.

Studente moet noukeurig voldoen aan al die vereistes en sperdatums wat deur die Hoërgraad- en Navorsingskomitee (HDRC) in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe uiteengesit word. Die webwerf van die HDRC bevat skakels na al die relevante dokumente en tydlyne om die suksesvolle voltooiing van die proefskrif te verseker.

Alle PhD-kandidate moet verantwoordelikheid neem om gereelde kontak met hul studieleiers te verseker om hulle in staat te stel om voldoende vordering te maak.