Skip to main content

Internasionale studente

Die Departement Joernalistiek verwelkom internasionale studente en personeel vir besoeke aan ons departement. Stuur asseblief 'n e-pos na [email protected] om oor so 'n besoek te skakel. Ons sal ons bes doen om u te akkommodeer.

Vir studente wat 'n kredietdraende semesteruitruiling wil doen, kontak asseblief eers ons Internasionale Kantoor by [email protected]. Meer inligting oor die stappe om te volg, kan HIER gevind word.

Hou asseblief die volgende in gedagte wanneer u 'n semesteruitruiling oorweeg:

  • Ons akademiese jaar loop van Januarie tot Desember, met 'n wintervakansie in Junie/Julie.
  • Ons MA-program is 'n teorie-gebaseerde navorsingsgraad. Dit word in 'n hibriede formaat aangebied, met die meeste leer wat aanlyn of in een-tot-een-gesprekke met 'n studieleier plaasvind. Daar is slegs twee werkswinkelweke op kampus waar studente met hul eweknieë skakel – een in Januarie en een in Junie. Meer inligting kan HIER gevind word.
  • Ons BAHons Joernalistiek-program is 'n intensiewe, praktykgerigte program op kampus. Meer inligting kan HIER gevind word.
    Ons kan beperkte voorsiening maak vir internasionale studente op sekere dele van die program. Belangstellende studente moet met die BAHons Joernalistiek-kursussameroeper, Anneli Groenewald ([email protected]), konsulteer oor die vereistes en moontlikhede vir uitruiling.