Mrs Elrina Marais
Head of Wardrobe, Course coordinator: Technical and Management Training
Biography
Mev Elrina Marais is sedert 1999 by die Departement Drama. Buiten haar rol as Hoof van garderobe, onderrig sy verskeie komponente op voorgraadse vlak in die tegniese stroom, waaronder Kostuumkonstruksie, Kostuumgeskiedenis en Grimering. Sy is die Akademiese kursuskoördineerder van die voorgraadse tegniese en bestuursopleiding. Sy volg tans nagraadse studie in mode/kostuumontwerp en het ’n spesiale belangstelling in die geskiedenis van kostuums en alle soorte materiaal.