Skip to main content

Aandklasse en Kortkursusse

Aandklasse

In samewerking met die  Internasionale Kantoor bied die Departement Moderne Vreemde Tale klasse vir beginners in Chinees, Frans, Duits en Spaans aan – afhangende van die beskikbaarheid van leerkragte en die aantal belangstellende studente.  Die aandklasse vind tydens die semester plaas en is bedoel vir studente wat min of geen kennis van die taal het nie. Lede van die Universiteitsgemeenskap asook die publik is welkom om in te skryf. 

Die aandklasse lei nie tot die verwerwing van ‘n kwalifikasie nie. 

Navrae:
Jaco du Plooy en Lizelle Engelbrecht, tel.: 808 2133 of by die Internationale kantoor, SU International, tel.: 808 2565.

BEGINNERKURSUSSE AANGEBIED IN DIE EERSTE SEMESTER, 2026:

Frans vir Beginners – Begin 24 Februarie 2026

Duits vir Beginners - Begin 24 Februarie 2026

Chinees vir Beginners - Begin 23 Februarie 2026

Spaans vir Beginners - Begin 24 Februarie 2026

Wil jy meer uitvind? Laai hier die volledige brosjure met al die inligting af

Wil jy by 'n klas aansluit? Laai hier die registrasievorm af. 

 


 

evening.png