Breadcrumb
Moderne Vreemde Tale
Ons bied Chinees, Frans, Duits en Spaans aan
"...ons studente verwerf nie net taalvaardigheid nie, maar ook ’n dieper verstaan van die tale."
Ons Modules en Programme
Voorgraadse Modules
Ons voorgraadse modules word aangebied as deel van verskeie voorgraadse programme en maak vir verskeie taalagtergronde en -belangstellings voorsiening.
Alle voorgraadse modules fokus op taalvaardigheid, kommunikasievaardighede en kulturele geletterdheid in die betrokke tale om ’n globale bewustheid te bevorder en studente op verskeie loopbane voor te berei.
Programme soos BA Taal en Kultuur en BA Geesteswetenskappe is die mees geskikte programme vir studente wat een of meer vreemde tale as hoofvak wil neem.
Ons eerstejaarmodules in Chinees, Duits, Frans en Spaans maak voorsiening vir absolute beginners. Ons tweede- en derdejaarmodules sluit ook letterkunde en kulturele studies in. Spaans word tans slegs op eerste- en tweedejaarsvlak aangebied.
Ons bied ook meer gevorderde modules aan vir studente wat met Duits of Frans as tweede addisionele taal gematrikuleer het.
Nagraadse Programme
BA Honneurs in Chinees / Frans / Duits
Gevorderde studie gefokus op letterkunde, kultuur en vertaling berei studente op navorsing of professionele toepassing voor.
PhD in Frans / Duits
Navorsinggebaseerde programme wat ʼn in-diepte verkenning van taalkundige, literêre of kulturele temas behels.
MA in Frans / Duits
Navorsinggebaseerde programme wat ʼn in-diepte verkenning van taalkundige, literêre of kulturele temas behels.
PhD in Vergelykende Letterkunde
Interdissiplinêre navorsing oor tale en kulture heen wat ’n omvattende verstaan van globale literêre en kulturele landskappe kweek
Buitemuurse Kursusse
Ons aandklasse in Chinees, Frans, Duits en Spaans word aan die hele Universiteitsgemeenskap en die publiek gebied. Ons kort-kursusse is aangepas vir beginners en help om ’n stewige fondasie in die gekose taal vir kommunikasie en professionele ontwikkeling te vestig.