Skip to main content

Internasionale Nagraadse Keusestudente

Oorsig

As u tans vir klinieseassistents- of residensie-opleiding in u land van herkoms ingeskryf is, mag u vir kort tydperke (hoogstens een jaar) aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) opgelei word.

Sluitingsdatum vir aansoeke

Dien asseblief u aansoek en bewys van bevestiging minstens sewe maande voordat die elektiewe opleiding begin in.

Aansoekproses​

1. Skakel regstreeks met die betrokke departement. Die kontakbesonderhede is op bladsy 135-188 en 219-267 van die ​yearbook.​

2. Stuur asseblief ’n afskrif van die volgende:​

  • u CV
  • akademiese transkripte>
  • graadsertifikate
  • Nadat die departement u aansoek goedgekeur het, sal hulle u terugverwys na die Internasionale Kantoor, wat u met die aansoekproses sal help.​


Toelatings- en keuringsvereistes

  • Inskrywing gedurende die rotasie vir klinieseassistents- of residensie-opleiding of vir opleiding in 'n subspesialiteit in u eie land (vir die kategorie “Nagraadse Studies")
  • Bevestiging van akkreditasie by die Amerikaanse opvoedkundige kommissie vir buitelandse gegradueerdes in geneeskunde (ECFMG) se dienste vir internasionale akkreditasie (EICS)
  • Inskrywing by die Gesondheidsberoeperaad van Suid-Afrika (RGBSA)
  • Inskrywing by die Departement Gesondheid se bestuursprogram vir buitelandse werkers (FWMP)
  • Inskrywing as geaffilieerde nagraadse student aan die Universiteit Stellenbosch​​

​​
Verdere besonderhede

Me​ Raziyah Ajmodien
+27 21 938 9549
[email protected]