Skip to main content
Vyf Maties in Boland-span vir Afrika T20-kompetisie

Vyf Maties in Boland-span vir Afrika T20-kompetisie

Pia Nänny
23 September 2016

​Vyf Maties-krieketspelers sal Boland dié naweek in die tweede weergawe van die Afrikabeker T20-kompetisie verteenwoordig.

Die kompetisie word oor vier opeenvolgende naweke gespeel en Keegan Petersen (kaptein), Kyle Simmonds, Justin Dill, Soyisile Pono en Niel Botha sal hierdie naweek op Bolandpark in die Paarl in aksie wees.

Naas Boland, is Kwazulu-Natal, Gauteng en die Oostelike Provinsie ook in hierdie groep. Die finale van die kompetisie sal van 30 September tot 1 Oktober plaasvind.

Die uitslae van die ander groepe was:

Groep A: KZN Binneland, Namibië, Westelike Provinsie, Noord-Wes. Wenner: Noord-WesGroep B: Suid-Westelike Distrikte, Noordelikes, Noord-Kaap, Kenia. Wenner: Noord-KaapGroep C: Grens, Oostelikes, Vrystaat, Zimbabwe. Wenner: Zimbabwe. 

Twee ander Maties was ook in die kompetisie betrokke. Gerhard Erasmus het Namibië verteenwoordig en Jeremy Ives speel vir Zimbabwe.

Ryan Bailey, nuwe assistentafrigter by Maties Krieket, het die spelers alles van die beste toegewens en gesê dit is 'n wonderlike geleentheid vir jong spelers om hul talent ten toon te stel.