
Verklaring: Student verkrag in private koshuis
Die Bestuur van die Universiteit Stellenbosch (US) het met groot spyt en besorgdheid kennis geneem van ʼn vroulike student wat verlede maand in die Nassau private koshuis op die dorp verkrag is.
Die vrouestudent is nie ʼn US-student nie en haar identiteit is nie aan die Universiteit bekendgemaak nie.
Die US se Krisisdiens is ʼn paar dae na die voorval daaroor in kennis gestel en het US-studente wat in die koshuis tuisgaan met berading ondersteun.
Op hierdie stadium is die identiteit van die oortreder nie aan die Universiteit bekend nie.
Volgens 'n artikel in die Eikestadnuus hierdie week, ontvang die student berading en is sy tans by haar ouers. Die artikel het ook gesê dat tot op hede niemand in hegtenis geneem is nie en dat enigiemand met inligting versoek word om die Stellenbosch Polisie by tel 021 809 9140 te skakel.
- Die Universiteit het vroeër van haar ʼn Taakspan oor Verkragtingskultuur ingestel. Meer inligting is hier beskikbaar.