Die volgende kandidate is behoorlik genomineer:
Mnr JS (Job) Amupanda: CV - Adjunk Dekaan aan die Universiteit van Namibie en magister graduandus aan US; 'n hoogtepunt in my akademiese en intellektuele lewe. Visiestelling - Twee dinge het uitgestaan; (1) US se internasionaliseringsagenda, (2) pogings tot transformasie. As raadslid sal ek 'n groot bydrae kan lewer deur middel van my ervaring en kennis in beide gebiede. Ons kan dit bereik!
Me J (Jeanne-ette) Boshoff: CV - Internasionale FMCG sakeleier (SABMiller en MillerCoors) en tersiêre onderwys-bemarkingspesialis. MBA, MA IMC (UFS), Journ Hons (US), PLD (Harvard Business School). Visiestelling - Onderrig aan die US moet innoverend, relevant en van die hoogste internasionale standaard wees en leiers oplei wat in hoë aanvraag is en 'n radikale impak op die samelewing het.
Prof GJ (Gerrit Jacobus) Crafford: CV - Medeprofessor in Bourekenkunde aan NMMU. BSc QS (UPE) MSc QS cum laude (UPE) PhD CE (NMMU) MBA cum laude (US). Visiestelling - Om relevant te bly is dit belangrik dat die Universiteit Stellenbosch luister na die bekommernisse van die alumni en die gemeenskap ten einde ingeligte besluite te neem.
Me LC (Lovelyn Chidinma) Nwadeyi: CV - Amptelike posisie: Onafhanklike Konsultant by Allan Gray Pty Ltd. Visiestelling - Ek staan saam met alle individue wat die US wil herkonseptualiseer as 'n volwaardige Suid-Afrikaanse en Afrika Universiteit en verbind myself om die menswaardigheid van elke lid van die Matie-gemeenskap te bevorder deur ons bydrae om die nuwe kennis-ekonomie te skep.