
USB MBA-groep leer by internasionale bestuurders by advieskomitee in Kanada
'n Groep Modulêre MBA-studente van die USB, vergesel deur prof Mias de Klerk, hoof: Navorsing by die USB, het onlangs na Montreal, Kanada, gereis vir hul Internasionale Studiemodule. Hulle het die module – Managing around the world: International Roundtables for Practicing Managers – by McGill Universiteit bygewoon.
Tarina du Toit was deel van die groep. Hier deel sy haar ervaring:
Toe ons ons Internasionale Studiemodule opsies ontvang het, het ek dadelik geweet dat dit iets was wat ek wou doen en dit was my eerste keuse. Dit was net 'n bonus dat dit in die pragtige stad van Montreal sou plaasvind.
Die program is ontwerp om te verken hoe dinge in 'n "multicultural"-wêreld gedoen word en hoe om meer effektief te werk te gaan. Ons was 30 MBA-studente in totaal en ons almal kom uit verskillende lande, wat op sigself 'n ongelooflike kulturele ervaring was. Die program is ontwerp om baie interaktief te wees. Daar was geen klaskamers met 'n dosent voor in die klaskamer nie. Die program het jou uitgedaag om interaktief te wees en oplossings te vind vir bestuursuitdagings wat ons in ons eie omgewing ervaar.
Die program is in drie dele verdeel: die doel en aard van bestuurswerk; besoeke aan plaaslike maatskappye; en toepassing op jou eie omstandighede.
Oor die probleme wat bestuurders wêreldwyd in die gesig staar:
Ongelukkig leef ons in 'n hiërargiese samelewing, veral in Suid-Afrika. Organisasies is so gestruktureer dat hulle hul menslike element verloor. Ongelukkig word innovasie en kreatiwiteit verlore daardeur. Die skep van 'n omgewing waar mense geïnspireer en gemotiveer is, is die oplossing. Mense wil weet hulle is deel van "iets groters" en deel van die besluitnemingsproses. Hulle wil weet wat hul mening tel, ongeag hul posisie of rang. Ek besef ook dat dit baie makliker gesê as gedaan is.
Nog 'n groot uitdaging wat bestuurders in die gesig staar, is effektiewe kommunikasie. Dit is iets wat uitgelig is deur al die deelnemers. Luister is eerder die problem as kommunikasie. Daar moet nie net bloot geluister word nie, maar ook verstaan word.
In die foto van links: Karen Hyslop, Prof Mias de Klerk, Juadene Beck, Nawahl Gierdien, Jaco Bruwer, Irma Deyssel en Tarina du Toit (almal van die USB).