
USAf reik verklaring uit oor ‘Studente-gelde Kommissie’ se verslag wat uitlek
30 Oktober 2017
In ʼn verklaring wat op Sondag, 29 Oktober 2017, vrygestel is, het Universiteite Suid-Afrika (USAf) hul kommer uitgespreek oor die wyse waarop die verslag van die Presidensiële Kommissie van Ondersoek oor Hoër Onderwys Befondsing en Verwante Sake (Studente-gelde Kommissie), onder die aandag van die publiek gebring is. Die verslag van die Kommissie onder voorsitterskap van regter J.A. Heher, is die naweek aan ʼn koerant uitgelek.
Lees die verklaring hier.