Skip to main content
Twee Maties ontvang gesogte Mensa-studiebeurse

Twee Maties ontvang gesogte Mensa-studiebeurse

Korporatiewe Bemarking / Corporate Marketing
08 Junie 2016

​Luna Chencinski en Jess Steyn, beide studente aan die Universiteit Stellenbosch (US), het onlangs twee van vyf internasionale studiebeurse ter waarde van 1000 dollar van die  Mensa Onderwys en Navorsingstigting, gebasseer in die VSA, ontvang.

"Wat hierdie prestasie buitengewoon maak is dat altesaam 11 000 studente wêreldwyd vir hierdie beurse aansoek gedoen het. Die feit dat twee van die vyf beurse aan Suid-Afrikaners, beide van die Wynland-chapter van Mensa Suid-Afrika toegeken is, is 'n eerste," het die organisasie in 'n mediaverklaring gesê.

Chencinski, 'n geregistreerde verpleegster wat tans in Gordonsbaai woon, het in 2003 by Mensa aangesluit. Sy is tans besig met 'n nagraadse diploma in Verpleegopvoeding aan die US.  Volgens haar is daar baie min verpleegopvoeders in Suid-Afrika, waar die vraag die aanbod by verre oorskry. Sy sien daarna uit om 'n positiewe bydra tot die beroep te maak: "Baie min opgeleide verpleërs wil in die verpleegopleiding betrokke raak aangesien die meeste verkies om in die kliniese veld te werk, maar ek geniet onderwys en voel dit is my nis. Dit sal vir my ongelooflik lonend wees om selfversekerde en vaardige gekwalifiseerde verpleegsters die veld in te stuur."

Steyn, 'n inwoner van Somerset-Wes, is 'n voltydse tweedejaar BA Taal en Kultuur student met Sielkunde en Engels as hoofvakke. Sy het haar laerskool opvoeding by Helderberg Primêre Skool voltooi, en het in 2014 met sewe onderskeidings aan Herschel Girls School gematrikuleer. Jess is 'n kranige skrywer en neem elke jaar aan die National Novel Writing Month deel, haar akademiese doelwit is 'n PhD in Sielkunde, en sy beoog om 'n praktiserende kliniese sielkundige te word. Sy is sedert 2011 'n lid van Mensa.

(Volledige Afrikaanse vertaling volg binnekort)

Mensa, founded in the UK in 1946, is a high IQ society which provides a forum for intellectual exchange among its members.  There are over 120 000 members in more than 100 countries around the world.

The Mensa Education & Research Foundation's scholarship programme bases its awards totally on essays written by the applicants explaining his or her career, academic and/or vocational goals and how they plan to achieve those goals. The Foundation provides funds for international students enrolled at accredited colleges or universities in a country other than the United States.  Eligibility is restricted to Mensa members and consideration is not given to age, race, gender, level of education, grade point average, or financial need.

Application judging is conducted anonymously by a panel of international judges selected from members of Mensa throughout the world.  Applicants' names and geographical information are not supplied to judges; each essay is submitted to multiple judges, eliminating the potential for some applicants benefiting unfairly from judges who generally mark higher (or the opposite).

More information about Mensa can be found on their website, www.mensa.org.za.  The Winelands chapter may be contacted at [email protected].

Source: Mensa South Africa