Skip to main content
Teologie en Godsdiens in Afrika

Teologie en Godsdiens in Afrika

Helette van der Westhuizen
25 April 2017

Die Fakulteit Teologie het `n behoefte om multidissiplinêre navorsingsvennootskappe te sluit, en kollegas van universiteite in die Wes-Kaap (Stellenbosch, Kaapstad, Wes-Kaapland) en vyf ander universiteite in Afrika (Botswana, Kenyatta, Makerere, Nairobi en Namibië) sal deelneem aan die konsultasie.

Chilisa.jpg
Benewens `n interessante hooflesing oor “Indigenous Research Methods: Conducting Research in Africa Contexts” deur Prof Bagele Chilisa van die Universiteit van Botswana, word die volgende onderwerpe bespreek:

·         “Working Smarter: Use of Technology in Research and Tuition”

·         “Inter- and Multidisciplinary Approaches to the Study of Theology and Religion”

·         “Identifying Common Interests and Priorities in the Study of Theology and Religion in Africa”

‘n Internetportaal is onlangs geskep in`n poging om die streeksaanbod mbt navorsing op die gebied van Godsdiens en Teologie bekend te stel. Hierdie portaal, wat onderlinge kommunikasie tussen navorsers wil aanmoedig, word tydens die konsultasie bekendgestel. Die wenslikheid en volhoubaarheid van `n sambreelorganisasie vir stimulering en koördinering van die studie van Godsdiens en Teologie in Afrika sal ook bespreek word.

Kontak Helette van der Westhuizen by 021 808 9560 or [email protected] vir meer besonderhede oor die konsultasie of webportaal.